Dit laat jou dink

SARIE se Facebook-vriende oor die verkiesing

“Ons het die stemdag as baie positief ervaar. Die mense was deur die bank vriendelik en behulpsaam. Al wat leef en beef het opgedaag.” – Elizabeth Viljoen


“Dit was my eerste keer en dit het net 7 minute geneem!” – Welma Crowie


“Ja, ek het in Glenwood, Durban gestem net na 17:00. Dit het omtrent so 10 minute gevat en almal was baie hoflik en vriendelik. Daar was so ‘n feestelike opwinding in die lug.” – Annemarie Malherbe Le Roux
“Ons ry was baie kort – dit het net 15 minute geneem om te stem.” – Christel Myburgh
“My stem ondervinding was nie te aangenaam nie – het vir drie ure gewag en dit met ‘n 15 maande oue seuntjie! Maar ons stem lokaal (Jukskeipark – Johannesburg) is by ‘n kleuterskool so daar was baie ander ouers ook met kleintjies en almal het saamgespeel.” – Mart-Mari Breedt
“Het net voor 8:00 gaan stem (Somerset Wes by die kerk op Sir Lowry’s Pas Pad) so daar was nog nie baie mense. Dit het vinnig gegaan sonder enige probleme.” – Yolani van der Westhuizen
“Het net na 15h00 gaan stem en ook nie lank gewag nie en sonder enige probleme.” - Norma Hough
“Dit was opwindend. Het by ‘n klein plaasskooltjie gaan stem en dit was doodstil daar. Die mense was baie vriendelik en behulpsaam en het seker gemaak hulle doen hul werk behoorlik – my hele duim is pikswart, dit lyk of ek hom in die deur toegeslaan het! Ek is trots op my ‘merk’ en dit is ‘n goeie aanknopingspunt vir geselskap. Staan in ‘n ry en wys hoe swart is jou duim en skielik praat almal saam en wys trots hul swart merkies, jy kry tot raad oor hoe om dit af te was!” – Tharina Peters