Sepies en jou kind
Daar is meer onder die borrels van TV-sepies as wat jy dink. Hulle vermaak nie net nie, maar leer ons ook lewenslesse.
Hoe gemaak met sepies en jou kind?
Ouers behoort saam met hul kinders televisie te kyk, glo Nadia van der Merwe van die Universiteit van Johannesburg.
En as 'n sosiale kwessie soos verslawing uitgebeeld word, moet jy dit met jou kind bespreek. As Paula (Diaan Lawrenson) in 7de Laan sê sy het gewerk terwyl sy eintlik by die spa was, vra jou kind of dit reg is en wat sal gebeur as Paula uitgevang word.
Oor Paula se leuens sê Danie Odendaal van 7de Laan: "Sy is 'n komiese karakter. Sy jok nie om iemand te na te kom nie. Boonop waarsku Aggie haar gereeld dat sy nooit in die hemel gaan kom nie."
Kaapse opvoedkundige sielkundige Lize van der Merwe sê kinders jonger as 12 behoort glad nie sepies te kyk nie. "Hul waardes is nog onontwikkel en hulle is beïnvloedbaar. As hulle daagliks leuens, buite-egtelike verhoudings en diefstal sien, kan hulle daardie waardes hul eie maak."
Lize sê sy kan in elk geval nie die nut daarvan insien om vir 'n sesjarige te verduidelik dat 'n volwassene nou op TV selfmoord gepleeg het nie."Pleks van saam met hulle sepies te kyk, gee eerder gehaltetyd aan jou kleiner kinders."
* Lees die volle artikel in die Januarie 2010-uitgawe van SARIE, vanaf 7 Desember te koop.
Wat dink jy?
Vertel ons in die kommentaarboks hieronder wat jy van sepies dink.
Verwante artikels
-
Danie Odendaal: Man agter '7de Laan'
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Hy laat die kollig op ander skyn. Self bly hy liefs agter die kamera en staan skaars onderhoude toe. Spesiaal vir SARIE-lesers het Danie Odendaal ’n uitsondering gemaak en ons tot in die hart van sy 7de Laan geneem.
-
Henry Mylne: Die man agter ons sepiesterre
SARIE - Julie 2008
Hy buig en vorm 7de Laan se nuwelinge na sy hand. Sommige word tot regisseur Henry Mylne se groot vreugde volwaardige akteurs. Ander se glans verdof maar gou ...
-
Is Cherel van Isidingo groot geld betaal om terug te gaan?
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Saam met die nuus dat Michelle Botes teruggaan Isidingo toe, het allerhande gerugte kop uitgesteek.
-
Kyk hoe lyk sy nou! Tot siens Dezi hallo Elma
SARIE - Maart 2008
Sy was 7 jaar lank Dezi in 7de Laan. Sy’t vergeet wie sý is. Tot nou toe . . . Ontmoet Elma Postma – akteur, Ontbytsake-aanbieder op kykNET en nou die nuwe, sexy donkerkop!
-
My kind het depressie - leser se roerende brief
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 7
"Vir 'n hele paar jaar al is my kind depressief. Aanvanklik, as 'n tiener, was hy moeilik, en beslis moeiliker as wat 'n mens normaalweg van 'n tiener sou verwag..."
-
Nuwe sepie op M-Net
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
Oor minder as ’n maand is daar ’n nuwe sepie op M-Net te sien!
-
Nuwe sepie op M-Net
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
Oor minder as ’n maand is daar ’n nuwe sepie op M-Net te sien!
-
’n Ster het geland . . . Paula!
SARIE - Mei 2008 | Kommentaar: 1
Die lewe as ’n sepiester is glansryk, maar nie altyd maklik nie. As jy dan boonop ’n verhouding het waaroor mense práát ... Maar Diaan Lawrenson glo dit het haar en Jody Abrahams se liefde net versterk
















Kommentaar