Dit laat jou dink

Shaleen Surtie-Richards

Agter die skerms met Shaleen Surtie-Richards (Shirley Valentyn op die Suidoosterfees in Kaapstad)


“Ooooooo, my mond hang op die grond, so lus is ek vir ‘n cigarette!”

Shaleen is pootuit ná die eerste vertoning van Hennie van Greunen se Shirley Valentyn op die Suidoosterfees, waar sy vir 90 minute haar hart uitspeel.

“En ek is behóórlik honger.”

Sy het blitsvinning verklee in ‘n gemaklike broek en heldergroen T-hemp. Drie pare kleurryke Crocks staan netjies in ‘n ry. Pedro Kruger, Hennie van Greunen en Vinette Ebrahim kom almal geluk sê met nóg ‘n suksesvolle vertoning.

SARIE was agter die skerms om ‘n paar kiekies te neem van Shaleen en Hennie. Voor Shaleen se niggies en vriendinne haar kom opraap vir middagete, vra SARIE gou haar lewensraad. Sy hoef nie te dink nie:

“Lééf elke dag asof dit jou laaste dag is, koester vandag en vergeet die verlede … En só moet jy die hele jaar lewe!”

“Shirley Valentyn sê ook so,” voeg Hennie by.