Dit laat jou dink

Simon Gear

Hy sê: “Elke wenk in hierdie boek sal jou lewe op ten minste twee of drie maniere verander – elk van die hulle behoort jou geld te spaar en gelukkig of gesonder te maak. Baie van die wenke sal sommer al drie dinge doen.” (Going Green, Penguin, R140)

Hier’s ‘n paar van Simon se wenke:

  • Gebruik organiese toiletware.
  • Draai die kraan toe wanneer jy tande borsel.
  • Trek jou rekenaar se prop saans uit.
  • Moenie jou yskas oorlaai nie.
  • Plant inheems, want dis waterwys.
  • Ondersteun die MySchool-netwerk.
  • Ry fiets.
  • Eet vrugte wat in seisoen is.
  • Dra organiese katoen.
  • Koop Suid-Afrikaans.
  • Koop oor die internet wanneer moontlik.
  • Tel elke dag ‘n stukkie gemors op.