Dit laat jou dink

Doen dít vandag!

Skep vandag nog vir jouself ‘n visie – iets waarvoor jy onthou wil word, nie wat ander van jou verwag nie.

“Visualiseer die grootste mikpunt wat jy kan bereik en breek dit op in klein, daaglikse stappe. Moenie dink jou droom is te onbelangrik om nie die moeite te doen nie. Dit beteken ook dat jy verantwoordelikheid aanvaar vir jou lewe. Leef jou eie lewe en leef jou droom, daar is geen ander een soos joune nie.” – Rosemary Clarke, lewensafrigter van Gauteng.