Dit laat jou dink

Só spaar Op die vrou af 2-regisseur, Hennie van Greunen

“Ek moet gereeld van Durbanville Kaapstad toe ry vir repetisies en oudisies. Ek probeer reël dat alees op een dag gebeur om my petroltenk geduldig te hou. Ek is ‘n techno-freak, so ek is byna biologies verbind aan my Blackberry. Dit beteken ek is permanent op die net, of ek lees en beantwoord e-pos. Ek probeer om dié tyd af te skaal en só te spaar. Ek spaar ook in my huisverbandrekening. Die geld is altyd beskikbaar, maar die rente raak ál minder. Omdat ek vir myself werk, het ek ongeskiktheidsdekking wat sal kan sorg as ek nie meer sou kan werk nie.” – Hennie van Greunen, bekroonde regisseur, ook van SARIE se Op die vrou af 2. Normality (vertaling van Lyf), deur hom geskryf en geregisseer, het die Hidden Gem-prys op ‘n internasionale toeneelfees in Edinbrug, Skotland gewen.