Dit laat jou dink

Só spaar RSG-omroeper Lynette Francis

“Ek maak deeglik gebruik van lojaliteitskaarte omdat ek graag boeke koop. Ek fliek selde en neem eerder DVD’s uit. Ek het geen lopende klere-rekeninge nie en skenk klere wat ek nie dra nie aan liefdadigheidsorganisasies sodat hulle ‘n geldjie kan maak.

“Ek versorg my hare en naels self. Dis boonop terapeuties.

“Ek eet selde uit en onthaal liewer. Waar ek gewoonlik graag gehalte whiskey drink, het ek gespaar deur ‘n alkoholvrye maand te handhaaf. Ek het boonop leer nee sê vir al die lenings en selfoonkontrakte wat aangedra word en het leer onderskei tussen dringende behoeftes en luukses.” – Lynette Francis, Fokus-aanbieder op SABC2 en RSG-omroeper