Dit laat jou dink

Só spaar Toast Coetzer geld

“Ek het lankal begin om my eie hare te sny, daar’s in elk geval nie veel oor nie! Ek koop nie cologne nie, skrop myself net elke dag behoorlik. Ek ‘doen’ geen sterker ‘dwelms’ as koffie nie en maak my eie pleks van om ‘n regular by koffiewinkels te wees. Ek koop selde duur klere en lewe in T-hemde. Ek probeer my spaarrekening gesond hou en belê in my gesondheid en werktoerusting, soos ‘n kamera en skootrekenaar. Ek wens ek kon eiendom of beeste bekostig. Beeste het glo die beste returns,” sê Toast Coetzer, joernalis, fotograaf, rocker en skrywer. Sy debuutroman, Naweek, het onlangs by Tafelberg verskyn en hy is Media24 se Joernalis van die Jaar 2009.

  • Andra

    Onthou wat het met "Scrooge" gebeur, jy kan jou geld nie saam met jou neem nie.