is107_003
Dit laat jou dink

Só voel julle oor internet-dating

Sal jy ooit op ‘n date gaan met iemand wat jy op die internet ontmoet het?

“Verseker, ons ken mekaar al 4jr en dis wonderlik.” – Leonie Du Toit Willett

“Nee!! Gaan eerder uit en ontmoet mense so, eerder as wat jy in jou huis sit en random karakters leer ken.” – Nanette Kritzinger

“Hoekom nie?, sorg net dat jou pelle weet waar jy is, vra hulle om gereeld te bel om te hoor of jy ok is, ontmoet mekaar by ‘n venue waar daar ander mense is – wie nie waag nie wen nie – jy kan tog nie verwag om iemand te ontmoet en nooit bereid wees om ‘n face tot face te he nie?” – Therese Hardy
“Ja, ek sal!! Eintlik moet ek sê Ja, ek gaan! Gaan einde Februarie iemand ontmoet wat ek hier leer ken het! Sal moet sien of dit “♥”/”not ♥” is! Ons gesels bja lekker en het nou al ‘n paar aande na mekaar vir ure lank gemxit!” – Nicolette Roos Burger
“Het eenmaal iemand op internet ontmoet en toe na maande se chat uiteindelik ontmoet en was ongelooflikste date, maar ek dink ek was nie wat hy verwag het nie.” – Madre Engelbrecht Theron
“Ja ek het en is vandag baie gelukkig getroud met hom. Ons is al 3 jaar getroud en kyk nie een dag terug nie.” – Magda Rabie

“Baie gedoen….was altyd een GROOT FLOP!! nooit weer nie…” - Alice Adendorff
Vir nog baie kommentaar, klik op SARIE se facebook-blad

  • http://drchqitxbmhf.com/ zchnkyvh

    rEsRXx fgzorfjzgutm, [url=http://qkwlvnbnwemv.com/]qkwlvnbnwemv[/url], [link=http://rwidhgjoaozu.com/]rwidhgjoaozu[/link], http://ylzodysmahga.com/

  • Vanessa Saunders

    Ja ek sal en ek het… Ons trou Oktober en ons seuntjie is nou 1 jaar oud.
    Ons is ‘n baie gelukkige ou gesinnetjie!