Dit laat jou dink

Só werk geld, my kind

Leer jou kind só om met geld te werk is vir leerders en jong mense. Dié boek bevat praktiese raad, maklik en interessant aangebied. Vrae oor sakgeld, handelsname, jou voorbeeld en beplanning word ook beantwoord en daar’s ’n lys van finansiële dienste en produkte vir jou kind. Lewenstyl leer jong mense meer van kontrakte, die effek van krisisse (motorongelukke, skuld) en die finansiële implikasies van saambly, trou en skei.

Albei boeke is geskryf deur Nico Swart, kenner van persoonlike finansies. (R125 elk en te kry by www.moneyskills.co.za)