Dit laat jou dink

Sol Kerzner oor kinders, geld en geluk

Wat’s jou definisie van geluk?
“Niks is perfek nie. Soos ‘n mens ouer raak, leer jy dinge aanvaar. Dis belangrik om te leer hoe om betréklik gelukkig te wees. Wees so gelukkig soos jou omstandighede jou toelaat…”

Wat maak van ‘n man ‘n goeie pa?
“Jy moet liefde kan gee. Ek het altyd geweet ek is nommer een in my ouers se lewe. Hulle kon my nie veel aardse dinge gee nie, maar hul liefde het my serlfvertroue gegee. Jou kinders moet kan staatmaak op jou raad…”

Watter verskil het geld in jou lewe gemaak?
“Dit het my gehelp om my kinders lekker dinge in die lewe te laat ervaar. Om daardie rede moedig ek hulle ook aan om ambisieus te wees. Maar een ding is seker: Geld waarborg beslís nie geluk nie.”