Dit laat jou dink

Spaar outomaties

Suid-Afrikaners spaar in die algemeen nie genoeg nie, sê die Old Mutual Savings Monitor. Dis moeilik, ja. Die oplossing is om van jongs af klein te begin en die spaarbedrag algaande groter te maak. Laat dit outomaties van jou maandelikse inkomste aftrek (soos om maandeliks in effektetrusts te belê). “Uiteindelik sal jy vergeet dat jy spaar en nie eens die geld mis nie,” sê Iain Williamson van Old Mutual. Jy kan selfs ’n persentasie van jou kinders se sakgeld terughou en dit vir hulle outomaties in ’n spaarrekening laat plaas.