• ANIEL BOVEY

    Steve, ek is nie jammer dat jy jou vrou verneuk het nie, maar ek is net jammer jy het haar nie met my verneuk nie. Ja, ek weet wat Steve gedoen het is nie reg nie. Almal oordeel hom vir wat hy gedoen het. Staan daar nie in die Bybel dat ons mag nie oordeel nie en dat die oordeel slegs toekom aan ons Hemelse Vader. Los die man uit, hy betaal reeds die prys vir al die verkeerde dinge wat hy gedoen het. En ons weet dat ons almal gaan verantwoording doen vir ons sondes as ons sterf. Wat steek jy weg vir die mense rondom jou? En jy moet onthou dat die Hemelse Vader alles sien. Dit is sy privaat lewe en wat hy in sy privaat lewe doen is sy besigheid. Al wat dit erg maak is dat hy ‘n publieke figuur is. Steve jy is tops, ek en my skoonsussie like jou baie.

  • Hyla

    Ja Aniel, tipies – kommin! (nie met jou verneuk nie???!!!!) – hoe kan jy dit laat klink of dit okay is dat mans hul vrouens verneuk of omgekeerd?? Hoekom dan trou in die eerste plek?? Nee wat, iets pla hom verskriklik (en ek WAS n fan van hom!) – Ek dink nie dis regverdig dat die Bybel en God se straf hier ter sprake kom nie – punt is: hy het buite die huwelik gaan seks/geselskap soek terwyl hy n vrou en kinders by die huis het! Dis onaanvaarbaar of jy nou Christen is of nie. Dis bloot slegte maniere en swak inbors, dis wat dit is!!Dit geld vir Steve (openbare figuur) en ook vir Jan Rap en sy maat….nee wat, ek voel GEEN simpatie met hom nie.

  • Denise Gultig

    Vergewe en vergeet. Nie een van ons is sonder sondes nie. Los nou maar vir Steve en sorg net dat julle die regte pad loop. Steve ek is ‘n groot bewonderaar van jou. Hou jou kop hoog en mik jou nou doelgerig toe op jou musiek loopbaan. Ek is nou al moeg om altyd te hoor dat Kurt ‘n nuwe CD vrygelaat het dat hy alweer "tops" is. Wys hulle waartoe jy in staat is !!

  • Henriette

    Steve, ek is baie teleurgesteld dat jy jou vrou verneuk het, het altyd gedink dat Natasha die een was wat jou KON verander? Jy is ‘n WONDERLIKE musikant, met talente wat gebruik moet word. Sterkte, en hou aan sing, ons luister graag na jou musiek. Ek wil egter my opninie gee oor die vrouens wat met Steve verhoudings gehad het – Julle het geweet dat hy getroud is en steeds het dit julle nie verhoed om met hom verhoudings te hê nie – vir jare?. Hoe sou julle gevoel het as julle in Natasha se skoene was??? Ek dink altyd as ek iets doen – hoe sou ek gevoel het as iemand dit aan my doen? Ek kan nie glo dat julle vir jare daarmee volgehou het nie… Steve kan ongelukkig nie alleen die blaam dra nie! Wonder maar net…

  • cecile

    hou asb. net aan sing, dit bly mooi, ek sukkel nog om jou verkeerde optrede los te maak van jou sang maar sal dit regkry vorentoe. Moet asb net nie aanhou harte breek nie en moenie in diem openbaar reageer net….hou maar net aan sing jy kan dit goed doen

  • Al-mare Swart

    Steve, is ook maar net n mens
    Jy is pragtig en sing bitter baie mooi en het n fantastiese persoonlikheid
    Bly net jouself en gaan aan met jou lewe
    Ons sal altyd vir jou baie lief wees

  • Alta

    Ek was nie ‘n Steve fan nie toe word ek ‘n Steve fan maar vind nou die man walglik. Hy maak net wat hy wil en sê net wat hy wil. Mense sien hom as hierdie ikoon maar in werklikheid tree hy op soos ‘n tiener seun. Kyk nou weer hoe gaan hy en sy seun tekere. Dit is tyd dat die media ophou so ‘n ophef van sy gemors maak. Ignoreer tot die ventjie.

  • Zenobia

    Ek lees rustig deur al die kommentaar en kan net my verwonder …
    Ek glo dat baie kinders van die Here is wat vir Steve gebid het en steeds doen! Bid ons nie vir hom en vra die Here om ‘n totale omkeer in sy lewe te maak nie? Om hom te bevry van die "boosheid" wat binne hom is en dat hy die Here se liefde en goedheid kan ervaar en uitleef nie? Dat die Here hom ‘n Gees van sagmoedigheid en nederigheid sal gee nie?
    Wel, ek doen dit en hy verdien elke gebed …..
    Hy bly mens en mense kan faal, en daarom bid ons dat die Here hom sal gevoelig maak teen reg en verkeerd, dat die Gees in hom kragdadig sal werk en dat hy ‘n gelukkig mens sal wees en bowenal, moet hy sy foute erken en homself ook vergewe! Ek en julle wat ook net mens is, kan ook in die "boosheid" se slagyster beland, sou ons dan nie ook wou gehad het dat die Here ons vergewe nie? Nee wat mense, kom ons gooi lewer nie klippe nie! Ja, hy het verkeerde dinge gedoen, baie mense het seergekry en hy betaal die prys daarvoor! Steve, vir jou wil ek sê, jou ma is ‘n wonderlike vrou en ma,haar kniee is ook "deurgebid" vir jou! Sy glo in jou en glo dat by die Here NIKS onmoontlik is nie! Strek net jou hande uit ….

  • jolene

    Steve is maar net n mens….en ek bly gek oor daardie mens wat ek hoor sing, en die mens wat ek op die verhoog sien….ek bly n fan, beslis! niemand van ons kan regtig n vinger wys nie, ons het maar almal geraamtes in die kas, dit word net nie in die media uitgeblaker nie. Hoe kan ons nou ons rug op hom draai as ons al die jare aanhangers was?? ons het tog immers oor sy musiek aanhangers geword, en sover ek weet is dit nie sy musiek wat ons onststel nie.

  • Maggie

    Die wat Steve so veroordeel staan hulle nie dalk ook agter die deur nie?

  • Michelle

    Aan Zenobia – dis n pragtige gebaar om vir die wat verlore is te bid. Almal van ons het n verlede want ons is gebore in sonde. Steve het wonderlike talente (sing, skryf, en seker nog vele meer) God het nog altyd net wonderwerke gedoen, bly bid.

  • http://Www.stevehofmeyr.co.za DEAN CLAPPEN

    Wat steve doen met sy privaat lewe is met iemand uit te waai nie . LOS VIR STEVE UIT ASB MENSE

  • http://iawbdcjxipgp.com/ upynaivrswg

    BGR86X pboewnzifmty, [url=http://jahvtmlhyeit.com/]jahvtmlhyeit[/url], [link=http://jkytewxcatwc.com/]jkytewxcatwc[/link], http://qtclriyvcmiy.com/

  • Susan Botha

    Een ding wat die mense vergeet is dat hulle ‘n tipe van ‘n afgod van Steve gemaak het en eweskielik word hulle teleurgestel.

    Steve is ook maar net ‘n dood normale mens soos ek en jy!!!!!!!!!!!!
    Hou op om hom te kritiseer – kyk na jouself, ons almal het foute die een se fout net slegter as die ander een – los hom uit.

    Ekself het nie baie tyd vir Steve gehad nie maar ek het eendag gaan sit en dink wie en wat hy is – hy het baie vir ons moedertaal Afrikaanse liedjies geskryf en gedoen.

    Steve jy is in my oë nou ‘n Hero en ek is mal oor jou.

    Hou so aan Steve want jy is ook een van die 1% opregte mans wat ‘n ding erken wanneer jy aangejaag het in die verlede.

    Jou lewe is jou eie – VIVA STEVE VIVA