Stilbly is ook 'n antwoord
Foto’s: Rodger February Galery
Jy moet eerlik wees in jou verhouding, maar soms vererger die waarheid ’n situasie. Nou wonder jy: Moet jy bieg oor jou Botox? Of daardie nag van passie?
Wat geheime doen
- Dit ondermyn jul verbintenis asook die energie wat veronderstel is om die verhouding lewend en aan die groei te hou, waarsku Bea Potgieter, kliniese sielkundige. Skuldgevoelens verg energie.
- Jy is geneig om dele van jouself van jou maat te weerhou omdat jy verwerping, verlies of straf vrees. Plaas jouself in sy skoene en wees dan eerlik met jouself. Sou jy wou weet? Dis nie moontlik om eerlik te wees met iemand anders as jy nie eerlik met jouself is nie, sê Bea.
- Bea glo die waarheid moet altyd voorkeur kry in enige situasie – behalwe as jy ’n noodleuentjie wil vertel of as jy oor iets onbelangriks wil swyg om jou maat só teen onnodige seerkry te beskerm. Of dalk weet jy hy sal nie verstaan nie, soos met die prys van sommige vroueklere. Die waarheid bring verandering wat nodig is om albei die betrokkenes tot groei en volwassenheid te dwing. Dit bevry ook en maak gesond.
My sê tel: Sal jy wil hê jou man moet jou vertel van 'n one-night-stand?
Verwante artikels
-
Affairs - Wat dryf die ander vrou
SARIE September 2010
-
Affairs met bekendes: Wat dryf die ander vrou?
SARIE September 2010
Die een ná die ander bekende man se buite-egtelike verhouding(s) kom deesdae op die lappe. Die vraag is: Watter soort vrou begewe haar in só ’n riskante situasie?
-
Dr. Eve oor affairs
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 4
-
Is tien affairs baie erger as een?
SARIE - November 2010
















Kommentaar