Dit laat jou dink

Stilte is God se moedertaal

“Só sê Thomas Keating. Min mense sal stry dat ons vandag te vinnig leef, selfs in ons vakansietye. Daarmee het iets soos tyd vir ons om stil te word in die slag gebly. En wat ’n verlies is dit nie. Want in die stilte spreek God direk tot die hart. En waarom is stilte so belangrik? Dit help ons om tot stilstand te kom, skerper te kyk en fyner te luister. Deur hiérdie oë en ore bly die lewe ’n gawe en iets om te bewonder. Belangriker nog, stilte help ons om met groter deernis, begrip en innigheid teenoor alles en almal te leef. In hierdie ruimte ervaar ons God se liefde vir mense eerstehands.”

Carel Anthonissen, direkteur van die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit.

Besoek hul splinternuwe webblad by www.christianspirit.co.za en bly op die hoogte van hul bedrywighede, kursusse en blog-inskrywings.