ys4f9749
Dit laat jou dink

Streel die klawers

Stap jy wye draaie om ’n klavier sedert daai sieldodende oefensessies op laerskool? Stof jou tegnieke af. Studies wys om ’n instrument te bespeel hou baie voordele in vir jou gesondheid – vir oud én jonk. Dit wissel van beter lees- en wiskundevaardighede tot minder angstigheid en depressie, en die vermoë om stres beter te hanteer. Dit verg steeds tyd en oefening, maar die beloning maak dit die moeite werd.

Verwerk uit: 50 Ways to Feel Great Today (David B. Biebel, James E. Dill en Bobbie Dill, Revell Books)