Dit laat jou dink

Sukkel jy om jouself te laat geld?

“Dis vir my moeilik om selfgeldend op te tree. Dit voel asof my baas en kollegas bo-oor my loop en my nie eens raaksien nie. Ek weet ek het goeie kreatiewe idees, maar ek het eenvoudig nie die selfvertroue om dit te deel nie. Ook nie om op te staan vir waarin ek glo nie…” – SARIE-leser.

Wat sê die kenner? Dr. Caren Scheepers, lewensafrigter van Pretoria en deeltydse dosent aan die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB), gee raad:

1. Kies ‘n kollega wat in jou ontwikkeling belangstel en vra die persoon om jou gereeld aan jou visie te herinner.

2. Besluit wat jy alles oor jou voorstel of idee gaan deel en berei goed voor.

3. Oefen jou aanbieding en jou liggaamshouding vooraf. Lig jou kop op, praat duidelik en sit of staan regop.

4. Fokus op wat jy wil oordra en op die ander mense. Nie op jouself en jou gevoelens nie.