Dit laat jou dink

Susan Boyle

“Ek sal nooit weer eensaam wees nie” – Susan Boyle, die gewone, “lelike”, middeljarige vrou wat wêreldwyd mense met haar “engelstem” verstom het op die realiteits-TV-program Britain’s Got Talent – en dié reaksie is nou ‘n wêreldwye fenomeen, bekend as die Susan Boyle-effek. Sy het TV-kykergetalle die hoogtes in laat skiet, haar video het die meeste besoeke in ‘n week op YouTube gekry, sy het reeds 60 onderhoude toegestaan, en selfs Demi Moore en Ashton Kutcher tweet oor haar op Twitter.

Kyk die video

Nog foto’s van Susan

Susan se Facebook-groep

Die groot vraag?

Hoekom is mense geskok wanneer “lelike” vroue iets regkry, anders as om by die huis te sit en droom oor wie en wat hulle eintlik kan wees? Mans mag dan lelik en talentvol wees. (Bron) Susan Boyle se inspirerende verhaal laat ‘n mens wonder of die uiterlike tel, of nie. Wat dink jy? Kom, vertel ons

Het jy geweet?

  • Susan is ‘n gemeenskapswerker in die Our Lady of Lourdes-kerk in Whitburn, Skotland waar sy weekliks senior burgers tuis besoek.
  • Sy het ‘n kat genaamd Pebbles.
  • 32 miljoen mense het reeds na die video op YouTube gekyk – hierdie week se heel gewildste video op die webtuiste
  • Beoordelaar Piers Morgan het haar uitgevra vir ete in Londen.
  • Die sogenaamde Susan Boyle-effek het kykergetalle op ITV1 tydens laas Sondag (18 April) se uitsending tot sowat 12 miljoen laat styg.
  • Sy was die gewildste naam op Twitter die afgelope week – mense het in alle tale oor haar aangegaan.
  • Selfs Ashton Kutcher en Demi Moore (wat tussen hulle sowat 1,6 miljoen Twitter-volgers het) het oor Susan ge-tweet. Kutcher: “This just made my night.” Moore: “You saw it made me teary!”

Bron