Dit laat jou dink

Te oud vir jou werk? Hier’s raad

Dink en werk jonk, sê die kenners.

  • Leer tegnologiese taal verstaan. As jy bv. nie SMS-taal verstaan nie, kan jy belangrike boodskappe en inligting mis.
  • Kommunikeer via tegnologie soos Skype met jongeres, en benut podcasts en video-grepe vir opleiding.
  • Wees buigsaam. Tegnologie maak dit moontlik dat mense soms vanuit ‘n koffiewinkel kan werk.
  • Deel jou kennis kort en bondig en vra jonges se mening.

Bron: Anphia Beyers, bedryfsielkundige van Kaapstad

SARIE-joernalis Riette Rust gesels Donderdagoggend 4 Maart tussen 9 en 10 op RSG oor of jy te oud of te jonk vir jou werk is.