Dit laat jou dink

Tik versigtig

Jy reageer dalk op ’n advertensie deur ’n boodskap aan ’n kortkode te stuur, of jy kliek via jou foon op ’n internet-advertensie.

Volgens Waspa (Wireless Applications Service Providers’ Association) versoek sowat 150 000
selfoon-intekenare elke maand dat een of meer van dié dienste gestaak word.

Tot 77% van hulle kan nie eens onthou dat hulle daarop ingeteken het nie! Meld enige bedrog of misleidende advertensies aan by Waspa by www.waspa.org.za.