Dit laat jou dink

Tobie Cronjé oor spiritualiteit

“Wat is die mees ‘spirituele’ oomblikke wat ek al beleef het? Toe ek my ma so kalm haar laaste asem sien uitblaas. Toe ek gedroom het ‘n vriendin se man het herstel van kanker, en hy daardie nag dood is. Toe ek in 1960 met sononder op my rolskaatse gevoel het asof my bewussyn so groot soos die heelal word. Toe my pa, nog langer gelede, op pad suidkus toe stilgehou het vir ontbyt (hardgekookte eiers en toebroodjies) en die sonsopkoms só mooi was dat daar trane uit my oë geloop het. As ek ‘n pasgebore baba sien. Toe ek as 6-jarige vroeg moes bed toe gaan en gelê en luister het hoe my ma viool speel. Wanneer ek skottelgoed was, liefde maak en selfs as ek eet. Of as ek op die verhoog hoor hoe die gehoor dawerend lag. Spiritualiteit is in elke oomblik van die lewe, hoekom ‘n díng daarvan maak?” – Tobie Cronjé, akteur

  • li-mari

    om vir Tobie Cronje te sien is soos om ‘n gunsteling familielid weer te kan omhels. Jy voel so tuis. my eerste ervaring van hom was in Durban met ‘n Aspoestertjie "skaduspel"? optrede, alles of iets het agter ‘n groot doek gebeur ,net die skaduwees het gespeel. Ek was so 4jaar oud rondom 1980. Het dalk die res deur geslaap, en toe trek ons bos toe en verloor kontak met al onse kultuur, maar van toe af voel dit of ek Tobie ken want my ma was VERSOT op hom, hoekom weet ek nie, maar as dit voel of hy so deel van my lewe is, nes ver geliefde familie.Hy is ware ikoon in my lewe, en om dan te lees dat hy nog so ‘balanced’ is, ai, het nou laas week geluister hoe vertel hy op radio dat mens nie gehore moet hoef te lok na die teater om ‘botttom line’ te laat werk nie, jy moet doen waarin jy goed is, die res sal volg. nou ja, my liewe oom Tobie, as jy daar is, sal ek volg!

  • jvbLsN zcgthyldpjsp, [url=http://eqycskvbchem.com/]eqycskvbchem[/url], [link=http://lwdxtaxgzile.com/]lwdxtaxgzile[/link], http://sgrfatyawiym.com/