Tobie Cronjé: “Spiritualiteit is vir my ...
onlosmaaklik van die res van die lewe.
Wat is die mees ‘spirituele’ oomblikke wat ek al beleef het?
Toe ek my ma so kalm haar laaste asem sien uitblaas. Toe ek gedroom het ’n vriendin se man het herstel van kanker, en hy daardie nag dood is. Toe ek in 1960 met sononder op my rolskaatse gevoel het asof my bewussyn so groot soos die heelal word. Toe my pa, nog langer gelede, op pad suidkus toe stilgehou het vir ontbyt (hardgekookte eiers en toebroodjies) en die sonsopkoms só mooi was dat daar trane uit my oë geloop het.
As ek ’n pasgebore baba sien. Toe ek as 6-jarige vroeg moes bed toe gaan en gelê en luister het hoe my ma viool speel. Wanneer ek skottelgoed was, liefde maak en selfs as ek eet. Of as ek op die verhoog hoor hoe die gehoor dawerend lag. Spiritualiteit is in elke oomblik van die lewe, hoekom ’n díng daarvan maak?”
Verwante artikels
-
Coenie de Villiers se Damaskuservaring
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 1
-
Doen-ding van die maand: "Ons help mense weer sien!"
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Hoe help jy ander? Sarie.com se doen-ding van die maand vertel van ander wat probeer om 'n verskil in mense se lewens te maak. Vertel ons wat jy doen
-
Doen-ding van die maand: "Só help ek stukkende kinders"
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
Gewone mense vertel wat húlle doen om ander se lewens aan te raak en te verbeter. Katem, 'n sarie.com-gebruiker, deel haar storie oor jong verkragtingslagoffers. Jy kan ook jou storie deel
-
Doen-ding van die maand: Word 'n Cansa-vrywilliger
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
In Februarie is Wêreldkankerdag 'n kans om 'n verskil in die lewens van mense wat met kanker leef te maak. En jy kan óók help. Lees die stories van hoop deur bekendes soos Jeremy Mansfield, Janie du Plessis en ons eie blogger, Minette Stone.
















Kommentaar
Cecile Stemmet het gesê:
Hi Tobie, daar is nie 'n program of storie van jou, wat ek nie geniet nie. Ek geniet alles waarin jy speel of opvoer. Jy is vir almal 'n inspirasie en baie genot. 'n Mens kan baie lekker vir jou lag!!! Bly altyd soos jy is en vermaak die land nog baie male sonder tal! Jy is 'n ster in eie reg!
16de Apr. 2010, 15:14Amelia Jordaan het gesê:
Hi Tobie - vir ewig is jy my held. Ek skryf vanuit Mexiko aan jou, ver van my eie land en sy mense. Soveel keer het jy my 'amaze' ~ jy is briljant in enigiets wat jy doen. Jy weet hoe om soos 'n kind na alles om jou te kyk en mense wat nie meer weet hoe nie te leer wat die werklike essensie van die lewe is. Jy is my inspirasie.
8ste Mar. 2010, 19:07