f1020001
Dit laat jou dink

Troetel jou dier

As jy ’n kat het, is jou kans byna ’n derde minder om aan ’n hartaanval te sterf, wys ’n dekade lange Amerikaanse studie.

En mense met honde het ’n beduidend beter kans om ’n jaar ná ’n hartaanval steeds te leef, wys ander navorsing. Mense met troeteldiere het inderdaad ’n laer risiko om aan enige hartsiekte te sterf, hartversaking inkluis.

  • Karin

    Mal oor diere. Het 2 baie spesiale katte.