01oranje_daisy
Dit laat jou dink

Vakansie-etiket: Hoe gemaak?

Wat maak jy met ‘n gas wat te veel drink en ‘n verleentheid vir almal is?

Emsie Schoeman, etiketkenner van Knysna gee raad:

Gee jou gaste binne ‘n halfuur nadat hulle opgedaag het iets om te eet, verkieslik ‘n substansiële voorgereg. As hulle moeg, honger en dors is en op ‘n leë maag drink, raak hulle gouer beskonke. Maak ook seker dat jou gaste nooit vir hulself drankies skink nie: Dis die gasheer of kelner se voorreg. Só kan jy beheer uitoefen. En geen dubbele sopies nie! As iemand handuit ruk, vra ‘n rustige, betroubare man om dié gas huis toe te neem.