Van die spoor af?
Foto’s: Phyllis Green Galery
'n Mens hoor gereeld jy moet op jou sterk eienskappe fokus om sukses te behaal. Maar soms kan juis dié eienskappe jou kniehalter.
Ontsporingseienskappe – en hoe dit jou kan help én pootjie:
MAKLIK OPGEWONDE
Jou sterk punt: Jy’s passievol en intens.
Oppas hiervoor: Jy is oorentoesiasties oor mense en projekte, word vinnig teleurgestel en voer nie jou projekte deur nie. Jy’s buierig en moeilik om tevrede te stel.
SKEPTIES
Jou sterk punt: Jy’s skerp en ’n goeie waarnemer.
Oppas hiervoor: Jy’s sinies, oorsensitief wanneer jy gekritiseer word en vertrou nie mense nie.
VERSIGTIG
Jou sterk punt: Jy’s konserwatief en vat nie onnodig kanse nie.
Oppas hiervoor: Jy’s bang om gekritiseer te word en waag daarom nie kanse nie. Jy wil niks verkeerds doen nie en bestee te veel tyd aan projekte om dit perfek te kry. Jy kan nie besluite neem nie.
Gereserveerd
Jou sterk punt: Jy is taai en onafhanklik.
Oppas hiervoor: Jy’s afsydig en ongeïnteresseerd in mense. Jy kommunikeer nie goed nie.
Kalm
Jou sterk punt: Jy’s opgewek en werk goed met ander saam.
Oppas hiervoor: Jy’s passiefaggressief, geïrriteerd, koppig en ignoreer ander mense se versoeke.
Waaghalsig
Jou sterk punt: Jy’t selfvertroue en weet wat jy wil hê.
Oppas hiervoor: Jy sukkel om jou foute te erken en uit jou ervaringe te leer. Jy’s arrogant en oorskat van jou vermoëns.
Ondeund
Jou sterk punt: Jy’s sjarmant en interessant.
Oppas hiervoor: Jy gebruik jou sjarme om mense te manipuleer en uit te buit. Jy waag kanse, soek opwinding en sukkel om bande met mense te onderhou.
Kleurryk
Jou sterk punt: Jy’s pret en sosiaal.
Oppas hiervoor: Jy’s melodramaties en soek die heeltyd aandag. Jy wil heeltyd raakgesien word, raak vinnig verveeld en sukkel om te fokus.
Verbeeldingryk
Jou sterk punt: Jy’s innoverend en onvoorspelbaar.
Oppas hiervoor: Jy tree vreemd en eksentriek op en is selfgesentreerd.
Ywerig
Jou sterk punt: Jy’s detailgeoriënteerd en werk hard.
Oppas hiervoor: Jy’s perfeksionisties en moeilik om tevrede te stel. Dit kan jou veeleisend maak. Jy wil ook alles self doen, eerder as om te delegeer.
Pligsgetrou
Jou sterk punt: Jy’s inskiklik.
Oppas hiervoor: Jy wil mense graag tevrede stel. Jy stem saam met alles wat vir jou gesê word en wil nie onafhanklik werk nie.
Bron: Hogan Assessment Systems en Lize Strauss
My sê tel: Hoe het jou sterk punte jou al laat ontspoor?
Verwante artikels
-
Wat is jou geldpersoonlikheid?
SARIE - April 2009
Dink jy en jou maat dieselfde oor geld of stry julle daaroor? Leer om saam te werk vir groter finansiële sukses.
















Kommentaar