Verbeter jou bui sonder Botox
Foto’s: Rodger February Galery
- Konsentreer hard omminder te frons.
- Loop en sit regop, trek jou maagspiere effens in, trek jou skouers terug en laat hulle ontspan.
- Staan voor ’n spieël en glimlag vir jouself, of lag hardop. Leer die gewoonte aan om permanent ’n effense glimlag om jou mondhoeke te laat speel.
- Haal dieper asem.
- Gaan die dag tegemoet met ’n ingesteldheid van “Wêreld, hier is ek!” Kyk mense en uitdagings vierkant in die oë.
- As jy depressief is, besoek ’n sielkundige. Werk aan die ware sneller vir jou depressie. Waak daarteen om dit agter ’n masker te probeer wegsteek.
- Praat oor dinge wat pla en reis ligter deur die lewe.
- Dink meer positief oor jouself.
- Maak ’n keuse om moeilike tye eerder as ’n uitdaging of geleentheid vir groei te sien.
- Jou bui het baie te doen met hoe dit emosioneel met jou gaan. Is daar balans tussen die geestelike, fisieke, emosionele en omgewingsfaktore in jou lewe?
- Beplan minstens een aktiwiteit in jou dag wat jou goed laat voel.
- Besluit om minder liggeraak te wees.
- En glimlag!
Bron: Karlien Erasmus, sielkundige van Pretoria. Kontak haar by: 012 362 7380.
Vir meer lees in die Januarie uitgawe van SARIE.
Verwante artikels
-
Julia Roberts sê nee vir Botox!
SARIE Augustus 2010
Sy's 42 en die nuwe gesig van die skoonheidshuis Lancôme.
-
Kan Botox en borste 'n huwelik red? Julle sê ...
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
-
Kan botox ook jou depressie wegspuit?
SARIE - Januarie 2011
Vroue frons nie meer oor Botox nie – solank daardie plooie verdwyn. Maar dalk laat dit ons ook beter voel, régtig beter!
-
Lig jou bui
SARIE - Maart 2011
















Kommentaar