Dit laat jou dink

Verbeter jou bui sonder Botox

  • Konsentreer hard omminder te frons.
  • Loop en sit regop, trek jou maagspiere effens in, trek jou skouers terug en laat hulle ontspan.
  • Staan voor ’n spieël en glimlag vir jouself, of lag hardop. Leer die gewoonte aan om permanent ’n effense glimlag om jou mondhoeke te laat speel.
  • Haal dieper asem.
  • Gaan die dag tegemoet met ’n ingesteldheid van “Wêreld, hier is ek!” Kyk mense en uitdagings vierkant in die oë.
  • As jy depressief is, besoek ’n sielkundige. Werk aan die ware sneller vir jou depressie. Waak daarteen om dit agter ’n masker te probeer wegsteek.
  • Praat oor dinge wat pla en reis ligter deur die lewe.
  • Dink meer positief oor jouself.
  • Maak ’n keuse om moeilike tye eerder as ’n uitdaging of geleentheid vir groei te sien.
  • Jou bui het baie te doen met hoe dit emosioneel met jou gaan. Is daar balans tussen die geestelike, fisieke, emosionele en omgewingsfaktore in jou lewe?
  • Beplan minstens een aktiwiteit in jou dag wat jou goed laat voel.
  • Besluit om minder liggeraak te wees.
  • En glimlag!

Bron: Karlien Erasmus, sielkundige van Pretoria. Kontak haar by: 012 362 7380.

Vir meer lees in die Januarie uitgawe van SARIE.