Dit laat jou dink

Vergeet aarbeie, dis lietsjie-liefde

Die storie van die wêreld se mees romantiese vrug het by die liefdesverhaal van ‘n Chinese keiser en sy groot liefde, Lady Yang, begin. Die keiser, Li Longji, het ‘n magdom lietsjies per perd meer as ‘n 1000 km ver vir sy liefde laat kom.

Met Valentynsdag om die draai en lietsjies in seisoen is dit die ideale bestanddeel vir ‘n romantiese ete.