Verstaan die taal van jou drome

Deur Lydia van der Merwe, SARIE - Maart 2011

Verstaan die taal van jou drome Foto’s: Phyllis Green Galery

Jou drome word in jou eie private taal “geskryf”. Dis hoekom die betekenis dikwels onduidelik is. Drome bevat boonop beelde, eerder as woorde.

Daar is universele simbole in drome, soos die see. Ons assosieer die see met emosies. Maar jy moet ook weet wat die see vir jou persoonlik beteken. As jy byna in die see verdrink het, gaan dit waarskynlik heeltemal ’n ander betekenis hê as vakansie en son. Ontleed ’n simbool totdat dit vir jóú sin maak.

Jy droom meestal van jouself, al is die mens in jou droom iemand anders. Dus: Al is jou suster die “hoofkarakter” in die droom, is die droom se betekenis steeds op jóú van toepassing.

Droom jy van ’n baba of jong mense (veral van jou eie geslag), kan dit dui op ’n aspek van jouself wat jy nie ontwikkel het nie of ontken. Wat is dit in jouself waaraan jy aandag moet gee?

Droom jy van ’n dier, is dit waarskynlik óók op jouself van toepassing. Jy droom jou getroue hond byt jou. Het jy iemand vertrou wat jou seergemaak het?

Drome oor die dood beteken dikwels dat iets, dalk ’n deel van jou persoonlikheid of lewe, besig is om verby te gaan of minder belangrik te word.

Verwante artikels

Kommentaar

  • Drome is wat mense in die dag dink, wat in 'n mens se geestes omgang rond dwaal. dinge wat 'n mens pla vir maande of jare self gelukkige goedjies kan in 'n mens se drome verskyn dalk wens 'n mens vir 'n kindtjie daarom droom jy dat jy kry een of koop klere. dinge wat 'n mens wil bereik en nie kan bereik nie kan ook 'n uitwerking hê op ''n mens. en 'n mens snaakse drome laat droom. dit is hoe ek dit verstaan..

    5de Apr. 2012, 15:06
  • Goeie dag. So wat beteken dit as ek droom n Leeu jaag my en n vriend en n paar mense is al dood asgevolg van die leeu...

    28ste Mar. 2012, 23:05
  • DAG SE EK WILL NET GRAAG WEET WAT DIE VOLGENDE DROOM BETEKEN MY PA IS DIE 17FEB OORLEDE DA WAS NIE TYD OM TE TRUUR WAND EK MOES STERK STAAN VIR MY MA. EK HET IN N VERTREK GESIT SAAM MET AL MY FAMIELIE WAT OORLEDE IS MA DIT WAS NET DIE VROUENS DIE WAT EK NIE GEKEN HET HET HULLE SELF VOOR GESTEL NA N RUK HET DAAR N RUSSIE LOS GEBREUK EN TOE EK NADER STAP SIEN EK DAT HULLE OOR STEENKOOL BAKLEI. TOE EK WAKKER WORD WAS EK SO UIT GERUS MA KAN DIE DROOM NOG SO HELDER ONTHOU.

    14de Mar. 2012, 15:41
  • Goeie More.... Is daar dalk niemand wat my kan se wat my droom beteken???? Ek droom alles om my word uit mekaar geskiet en dan word ek wakker in my droom , in n kamer vol slange , maar hul kan nie rerig pik nie. Soos ek droom,vang ek hul en druk hul rerig hard op hul punte van hul stertte en dan word hul half dood of lam en ek gooi hul by die deur uit ... My ma se dis moeilikheid, maar ek weet nie help my asb????

    14de Mar. 2012, 06:16
  • Ek het gedroom ek was by my oom se huis en was besug om op my rekenaar te werk, daar was n klomp mense wat ek nie ken nie ook daar. soos ek op my rekenaar werk kom toe 2 swart mense daar aan en my oom kap die een dood met n 'pangga' toe die poliesie kom toe wil hulle my toe sluit vir die moord... WAT KAN DIT BETEKIN dit pla my Die volgende ogend toe droom ek. Ek en my suster ry in haar kar en al die paaie is een rugtings en die kar ry net vinneger en vinneger die kar begin heen en weer oor die pad swaai en ons kom tot stilstand voor my baas se huis maar daar is niks in sy huis net sy vrou en kinders daar was ook n swart man en my pa, almal wil met my praat en my een kant toe roep. toe ek na my pa toe gaan toe wys hy my n A3 printer en se ek moet dit vat en hy wys my ook hoe werk dit ek het almal gevra wie se printer dit was en hulle het gese dit is my pa sin die drome pla my geweldig en is minder as 10hure uit mekaar kan jy my A.S.B. se wat dit betekin want ek droom oor die algemeen nie dit is die eerste droom in 5 jaar

    10de Feb. 2012, 16:32
  • Onbekend. Hi ek wil weet wat betekne dit as ek van 'n slang droom wat my suster op haar vinger pik en hy is giftig maar niemand wil haar help nie. Maar dis in my ouers se ou huis waar hul nie meer bly nie maar dis ok nie eers in die dorp waar die huis regtig is nie, dis heeltemal in 'n ander dorp waar na toe my man graag wil trek. Die droom pla my regtig as iemand my net kan sê wat dit beteken.

    17de Jan. 2012, 12:19
  • Ek droom nou al vir omtrent 2 weke lank van verloffde se gewese ou en ek sal graag wil weet wat dit beteken. Ek het al gedroom ek slaan die ou van kwaad geid in my droom,maar die ou kom niks oor nie hy staan my net en aan kyk of ek mal is. Die tweede droom is van ek en my verloofde het van n plek af gekom en soos ons huis toe ry agtervolg die ou ons tot by ons huis en soos ons by die huis stop,stop die ou agter ons en hy loop in die huis in saam met ons,maar hy loop met die trappe af en onder by die trappe is daar n tv en hy sit op die stoel en speel games,ek vra toe my verloofde wie het hom oor genooi en wat soek hy in ons huis. Ek kry geen reaksie of antwoord uit haar uit so basies ignore sy my,ek raak so kwaad in my slaap dat ek skoon wakker word van die droom en ek is omgekrap en kwaad. Ek sal dit baie wardeer as ek n antwoord kan kry op die twee drome,want eerlik waar ek raak moeg vir die dat ek van ou moet droom en hy is nie een van my gunstelling mense nie.

    28ste Okt. 2011, 13:48
  • Ek wil weet wat beteken dit as mens van slange droom, en ek droom baie ek val my dood of ek gaan dood.

    29ste Sep. 2011, 16:14
  • Hello! Ek wil graag weet wat beteken my droom: Ek het soos n stoute kind uit n boom geklim en begin hardloop ewe skielik sien ek n leeu maar julle dit was die mooiste mooiste leeu ek kan nie vir julle beskryf hoe mooi die leeu se maan was nie en die sagste bruine en mooiste beige-erige kleur met groot pote! Daar was n klein tiertjie en ek dink die ander een was n panther. Ek het gehardloop oor immer groen heuwels en by mense uitgekom met die mooiste helderste blou water, dit het soos n vakansie oord gelyk ( waar ek nog nooit was of gesien het nie), niemand het hulle aan my gesteur nie en ek het heeltyd uitgeroep hy kom hy kom en niemand het na my geluister nie, en ek kon nie verstaan hoekom niemand reageer nie, toe is ek in n groot aantrek kamer sonder deure en ek moes my blaas leeg maak en daar het n vrou gestaan en toe se ek vir haar sy moet asb nie vir my kyk nie ek soek privaatheid, toe kom die klein tiertjie en ek probeer die knaapie heeltyd uithou maar hy wil inkom die deur was te klein om toe te maak! volgende oomblik het ek die leeu sien verby stap en hy het oor sy regter skouer in my oe gekyk en vir my gese jy wil nie luister nie en die klein tiertjie het saam met hom verder aangeloop, niks weer van die panther gesien nie, het ek dalk van die HERE gedroom/leeu van judas??

    15de Aug. 2011, 20:14
  • Hey daar ek het gisteraand gedroom dat ek baba klere en bybehore koop maar dat dit nie pienk of blou van kleur mag wees nie.Dit kan enige ander kleur wees.Kan iemand my se wat dit beteken asseblief?

    13de Jul. 2011, 13:05
  • As ek kon weet wat j droom Magdaleen kon ek dalk help.Drome word gesien in geestlike en vleestelike sy.Almal kan droom ma ni almal kanit uitlé ni.Ek bid al di jare vi my drome dan het God dit openbaar en so het ek geleer wat sommige simbole beteken.GOD'BLESSINGS.

    12de Jun. 2011, 07:27
  • Ek is opspok na imand wat my droom kan uit le, ek droom die droom al vir jare. Dit is nogal skrikwekind. Is daar imand wat my kan help?

    14de Apr. 2011, 19:59

Web Development by FormFunction