ys4f9954
Dit laat jou dink

Verstaan die taal van jou drome

Jou drome word in jou eie private taal “geskryf”. Dis hoekom die betekenis dikwels onduidelik is. Drome bevat boonop beelde, eerder as woorde.

Daar is universele simbole in drome, soos die see. Ons assosieer die see met emosies. Maar jy moet ook weet wat die see vir jou persoonlik beteken. As jy byna in die see verdrink het, gaan dit waarskynlik heeltemal ’n ander betekenis hê as vakansie en son. Ontleed ’n simbool totdat dit vir jóú sin maak.

Jy droom meestal van jouself, al is die mens in jou droom iemand anders. Dus: Al is jou suster die “hoofkarakter” in die droom, is die droom se betekenis steeds op jóú van toepassing.

Droom jy van ’n baba of jong mense (veral van jou eie geslag), kan dit dui op ’n aspek van jouself wat jy nie ontwikkel het nie of ontken. Wat is dit in jouself waaraan jy aandag moet gee?

Droom jy van ’n dier, is dit waarskynlik óók op jouself van toepassing. Jy droom jou getroue hond byt jou. Het jy iemand vertrou wat jou seergemaak het?

Drome oor die dood beteken dikwels dat iets, dalk ’n deel van jou persoonlikheid of lewe, besig is om verby te gaan of minder belangrik te word.

  • Magdalena

    Ek is opspok na imand wat my droom kan uit le, ek droom die droom al vir jare. Dit is nogal skrikwekind. Is daar imand wat my kan help?

  • ANON

    As ek kon weet wat j droom Magdaleen kon ek dalk help.Drome word gesien in geestlike en vleestelike sy.Almal kan droom ma ni almal kanit uitlé ni.Ek bid al di jare vi my drome dan het God dit openbaar en so het ek geleer wat sommige simbole beteken.GOD’BLESSINGS.

  • Twanietta

    Hey daar ek het gisteraand gedroom dat ek baba klere en bybehore koop maar dat dit nie pienk of blou van kleur mag wees nie.Dit kan enige ander kleur wees.Kan iemand my se wat dit beteken asseblief?

  • Valery

    Hello!

    Ek wil graag weet wat beteken my droom:

    Ek het soos n stoute kind uit n boom geklim en begin hardloop ewe skielik sien ek n leeu maar julle dit was die mooiste mooiste leeu ek kan nie vir julle beskryf hoe mooi die leeu se maan was nie en die sagste bruine en mooiste beige-erige kleur met groot pote! Daar was n klein tiertjie en ek dink die ander een was n panther. Ek het gehardloop oor immer groen heuwels en by mense uitgekom met die mooiste helderste blou water, dit het soos n vakansie oord gelyk ( waar ek nog nooit was of gesien het nie), niemand het hulle aan my gesteur nie en ek het heeltyd uitgeroep hy kom hy kom en niemand het na my geluister nie, en ek kon nie verstaan hoekom niemand reageer nie, toe is ek in n groot aantrek kamer sonder deure en ek moes my blaas leeg maak en daar het n vrou gestaan en toe se ek vir haar sy moet asb nie vir my kyk nie ek soek privaatheid, toe kom die klein tiertjie en ek probeer die knaapie heeltyd uithou maar hy wil inkom die deur was te klein om toe te maak! volgende oomblik het ek die leeu sien verby stap en hy het oor sy regter skouer in my oe gekyk en vir my gese jy wil nie luister nie en die klein tiertjie het saam met hom verder aangeloop, niks weer van die panther gesien nie, het ek dalk van die HERE gedroom/leeu van judas??

  • Petra rose

    Ek wil weet wat beteken dit as mens van slange droom, en ek droom baie ek val my dood of ek gaan dood.

  • Jannie

    Ek droom nou al vir omtrent 2 weke lank van verloffde se gewese ou en ek sal graag wil weet wat dit beteken.

    Ek het al gedroom ek slaan die ou van kwaad geid in my droom,maar die ou kom niks oor nie hy staan my net en aan kyk of ek mal is.

    Die tweede droom is van ek en my verloofde het van n plek af gekom en soos ons huis toe ry agtervolg die ou ons tot by ons huis en soos ons by die huis stop,stop die ou agter ons en hy loop in die huis in saam met ons,maar hy loop met die trappe af en onder by die trappe is daar n tv en hy sit op die stoel en speel games,ek vra toe my verloofde wie het hom oor genooi en wat soek hy in ons huis.

    Ek kry geen reaksie of antwoord uit haar uit so basies ignore sy my,ek raak so kwaad in my slaap dat ek skoon wakker word van die droom en ek is omgekrap en kwaad.

    Ek sal dit baie wardeer as ek n antwoord kan kry op die twee drome,want eerlik waar ek raak moeg vir die dat ek van ou moet droom en hy is nie een van my gunstelling mense nie.

  • Soekie

    Onbekend. Hi ek wil weet wat betekne dit as ek van ‘n slang droom wat my suster op haar vinger pik en hy is giftig maar niemand wil haar help nie. Maar dis in my ouers se ou huis waar hul nie meer bly nie maar dis ok nie eers in die dorp waar die huis regtig is nie, dis heeltemal in ‘n ander dorp waar na toe my man graag wil trek. Die droom pla my regtig as iemand my net kan sê wat dit beteken.

  • Christo Groenewald

    Ek het gedroom ek was by my oom se huis en was besug om op my rekenaar te werk, daar was n klomp mense wat ek nie ken nie ook daar. soos ek op my rekenaar werk kom toe 2 swart mense daar aan en my oom kap die een dood met n ‘pangga’ toe die poliesie kom toe wil hulle my toe sluit vir die moord… WAT KAN DIT BETEKIN dit pla my
    Die volgende ogend toe droom ek. Ek en my suster ry in haar kar en al die paaie is een rugtings en die kar ry net vinneger en vinneger die kar begin heen en weer oor die pad swaai en ons kom tot stilstand voor my baas se huis maar daar is niks in sy huis net sy vrou en kinders daar was ook n swart man en my pa, almal wil met my praat en my een kant toe roep. toe ek na my pa toe gaan toe wys hy my n A3 printer en se ek moet dit vat en hy wys my ook hoe werk dit ek het almal gevra wie se printer dit was en hulle het gese dit is my pa sin

    die drome pla my geweldig en is minder as 10hure uit mekaar kan jy my A.S.B. se wat dit betekin want ek droom oor die algemeen nie dit is die eerste droom in 5 jaar

  • charlaine

    Goeie More…. Is daar dalk niemand wat my kan se wat my droom beteken???? Ek droom alles om my word uit mekaar geskiet en dan word ek wakker in my droom , in n kamer vol slange , maar hul kan nie rerig pik nie. Soos ek droom,vang ek hul en druk hul rerig hard op hul punte van hul stertte en dan word hul half dood of lam en ek gooi hul by die deur uit … My ma se dis moeilikheid, maar ek weet nie help my asb????

  • CINDY

    DAG SE EK WILL NET GRAAG WEET WAT DIE VOLGENDE DROOM BETEKEN MY PA IS DIE 17FEB OORLEDE DA WAS NIE TYD OM TE TRUUR WAND EK MOES STERK STAAN VIR MY MA. EK HET IN N VERTREK GESIT SAAM MET AL MY FAMIELIE WAT OORLEDE IS MA DIT WAS NET DIE VROUENS DIE WAT EK NIE GEKEN HET HET HULLE SELF VOOR GESTEL NA N RUK HET DAAR N RUSSIE LOS GEBREUK EN TOE EK NADER STAP SIEN EK DAT HULLE OOR STEENKOOL BAKLEI. TOE EK WAKKER WORD WAS EK SO UIT GERUS MA KAN DIE DROOM NOG SO HELDER ONTHOU.

  • chaune

    Goeie dag.

    So wat beteken dit as ek droom n Leeu jaag my en n vriend en n paar mense is al dood asgevolg van die leeu…

  • catherine Dormehl

    Drome is wat mense in die dag dink, wat in ‘n mens se geestes omgang rond dwaal. dinge wat ‘n mens pla vir maande of jare self gelukkige goedjies kan in ‘n mens se drome verskyn dalk wens ‘n mens vir ‘n kindtjie daarom droom jy dat jy kry een of koop klere. dinge wat ‘n mens wil bereik en nie kan bereik nie kan ook ‘n uitwerking hê op ”n mens. en ‘n mens snaakse drome laat droom. dit is hoe ek dit verstaan..

  • zelda

    ek glo dat as jy droom en wakker word, en nog steeds die droom onthou. is dit iets betekenisvol. maar as jy dit vergeet is dit nie so belangrik nie. ek het baie drome gekry en een een het dit waar geword. as ek van slange droom, gaan google ek om te kyk of dit giftig is. ek het gedroom van n baba – talle kere. en my dogter gaan my n ouma maak. wat my die meeste pla, is die drome wat ek nie uitgele kan kry nie. niemand kan vir jou vertel wat jou droom vir jou se nie. dit is hoekom jy die droom kry. want dit is vir jou bedoel. jy moet dit self uitwerk.

  • adri

    ek wil graag weet wat beteken my drome – ek droom nou al die hele week van dood,die ander mense in my drome weet ek nie wie dit was ne,ma gister aaand was my stief pa in my droom en dis net snaaks,daar was nie bloed of eninge ongeluk waarvan ek weet nie,ma volgens wat die mense in my droom se hy was die vorige week dalk seer gekry en nou is hy dood as gevolg van daai seer wat hy gekry het,ek verstaan nie

  • Heletje

    Wat beteken die volgende asb tog! :

    Ek het eergisteraand gedroom my dogtertjie val in ‘n swembad..en n vet stout seuntjie kom en druk haar kop nog verder onder die water. Maar toe haal ek haar uit. net voor dit droom ek ons is klomp mense in ‘n onbekende gebou, en ons loop hout trappe op, toe val die trappe reg agter my inmekaar..en die mense val in ‘n diep gat in. Het ‘n vrou probeer gryp, maar te laat.

    Vanoggend toe droom ek my man val in ‘n lang diep gat in… net toe ek vir hom se : pasop nou vir die gat..toe val hy wragtag in.. In die drome weet ek die mense is dood, want dis ‘n lang diep donker gat.
    Dis eerder NAGMERRIES as drome…

  • Cornelia Williams

    My Pa is onlangs oorlede. Ek droom gereeld van hom. Hoekom??

  • Laetitia van der Merwe

    Ek het gedroom my man (ons is uit mekaar maar nog nie geskei) klop aan die deur, toe ek oopmaak staan hy nakend en papnat voor die deur, hy kom in en maak al die vensters binne groot oop. Wat beteken dit?

  • Mariaan

    ek sal dit so waardeer as iemand my kan help met die droom, want dit pla my geweldig..asb..
    ek het gedroom dat ‘n drug-dealer agter my man aan is. hy wou weet waar ons bly, ons het altyd ompaaie gery huis toe net sodat hy nie moet weet waar ons bly nie.. toe vind hy uit waar ons bly en wil ook toe weet of ons kinders het. ek was so bang en het my kinders orals weggesteek, hulle mag nie eers deur die huis geloop het nie, as ons op die bak gesit en t.v. kyk het ek hulle koppe met komberse toe gegooi dat net hulle ogies uit gesteek het. iemand het aan ons deur geklop en toe ons oopmaak was dit daai man. hy het ingekom en in die hoek van ons sitkamer gestaan en ‘n pistool uitgehaal. ek het kamer toe gehardloop en my man se pistool gaan haal, toe ek in die sitkamer terug kom het hy my 3 kinders dood geskiet. ek het gebuk en aan hulle gevoel, hulle was dood en koud. ek het die pistool teen die man se kop gedruk en hom dood geskiet, daarna myself geskiet….

    help my asseblief..

  • ADRI MEYER

    EK DROOM MY SUSTER SE DOGTER TROU ALS IS GEREEL ALLES IS PRAGTIG….DIE MAnNE HAAK IEWERS VAS SAAM MET DIE BRUIDEGOM ,MY SUSTER KANSELLER DIE TROUE …DIE BRUIDEGOM KOM DAAR AAN ….HAAL ; PAKKIE UIT MET ‘N MOOI RING EN BAIE ANDER BLINK EN MOOI JUWELE …….EK SIEN DIE VERWAGTING EN SKITTERING IN ALBEI SE OE ……..TOE SE EK VIR HAAR AS SY HOM NIE VAT NIE GAAN EK HOM VAT ….SKIELIK WAS ONS IN N OMHELSSING EN HET ONS MEKAAR GESOEN……………….GAAN IEMAND DOOD GAAN OF WAT ?????…………..OF GAAN EK TROU >>>>>>…….????

  • Alichia

    Ek sal dankbaar wees as iemand my kan help met my droom ek het gedroom van God en Hy beskermmy van evil en in die droom se God vir my ma dat sy als moet agter laat en kom en sy weier en huil toe by hul was daar n vuur wat God gestig het om ons te beskerm my pa wat nog leef het vir my ma gese sy moet als los hul kan weer opbou maar sy wou nie en God het haar toe aangespreek en sy het gegaan. Die nom 7 was ook in my droom. 9 Jaar terug het ek amper dieselfde droom gehad maar God het my suster aangespreek en die nommer 7 was ook daar in en 7 maande na my droom toe is my suster oorlede

  • Stella

    ek het hierdie droom al vandat my hond sesior(german shepard) dood is an verlamming dit pla my vreeslik want in die droom begin honde my jaag maar grootes en ek hardloop huis toe dis op ons plaas hulle hardloop agter my aan ek kry my famili bymekaar en ons is in my kamer ek het my bed voor my deur geskyf maar dit help nie hulle kom in en omring ons dan hoor ek n gehuil dit klink soos sesior sin dan maak die honde pad en hy verskyn vreemd is hy kan praat maar net ek verstaan hom hy se vir my ek moet n opoffering maak en saam hom kom maar hy weet hoe ek oor my famili voel dn se hy as ek my famili wil red moet ek die opoffering maak ek doen dit dan kom ek saam hom in die plek baie dieselde as waar ek bly hy is my beskermer daar is al my vriende hulle honde het hulle ook gaan haal dieselde storie as myne maar ons famili is nie daar nie dan word alles blank dan swart dan hoor ek die treurende getjank van sesior wat hy altyd elke aand buite my kamer venster gedoen het toe hy geleef het.al ym drome involve puzzles of ek pleeg selfmoord of skiet iemand. wat beteken dit? dit pla my gaan iets gebeer?

  • Amelia

    Hi. My skoonma is 3 weke gelede oorlede. Sy het ons 3 keer bymekaar geroep, maar het steeds baklei om te gaan. Ek en my man was die laaste by haar wat sy nog geregistreer het wie by haar is. daarna het sy bai e stil geraak en nie weer gepraat nie, totdat sy later die nag oorlede is. Ek, my man, sy suster en pa was teenwoorig toe sy haar laaste asem uitblaas. Gisteraand droom ek dat ons na haar diens gaan, wat ook ‘n paar keer uitgestel is (net in die droom) en uiteindelik Maandag oggend 11uur gaan ons weer probeer, maar iemand beweeg uit en roep ons buite na ‘n oop veld, en daar verskyn ‘n silhoeet beeld uit die grond. Maar toe lui my wekker en kon ek nie droom wat volgende gebeur nie
    Nou wonder ek net wat dit kan beteken. (Kan net noem daar is ‘oneingheid tussen my en die 1 suster)
    Die tyd wat my skoonma in die hospitaal was het ek en die suster maar oor ons verskille gekyk, maar nou is die enenighed weer trug.

  • Tersia

    Ek is opsoek na iemand wat vir my drome kan uitle, My seun droom gereeld hy vang vis en dan trek ‘n dolfyn uit maar die is so meter lank, Wat beteken dit?

    My man droom weer hy en my seun vang vis en my seun het ‘n byt en toe hy die stok uittrek toe is daar niks op die byt nie.

    Is daar iemand wat my kan se wat dit beteken?

  • Amelia

    HI. Waar gaan kyk ek vir julle antwoorde op ons vrae?

  • Hentie

    Wie kan my die betekenis van die volgende droom uitle. My 18 maande babadogtertjie ( my klein kind) skenk geboorte aan n gesonde baba seuntjie.

  • Anoniem

    Kan iemand my asb help. Ek is verloof al drie jaar met ‘n man en het ‘n seuntjie by hom. Ek droom gereeld dat ek hom met ‘n ander vrou sien en hy maak my seer en verbreek verhouding. Of ek sien hom saam sy ex. Ek is so onseker oor ons verhouding, juis oor die drome en dis sommer ook intens wat ek op hom en ”vrou” afkom. Die drome dryf my teen die mure uit en ek wil uit.
    Asb as iemand my net kan help, want ek is besig om myself siek te maak. My ma was nog altyd reg oor haar drome. En dit het met haar gebeur. Ek droom net iets, dan speel dit voor my af. My verloofde weet wat ek dan gedroom het en so dag of so dan gebeur dit…maar sy drome saam ander vrou is vir my ‘n raaisel.

    Asb iemand, help ruk my lewe en toekoms reg.
    Ek voel soos ‘n kleisenaar om op iets af te kom wat my gan laat skrik.

    Anoniem

  • yolandi claassen

    hi ek het nou al ‘n paar keer gedroom van die see en hoe ‘n tsunamie ons tref. die vorige een kan ek nie so lekker onthou nie maar die onlangse een was als skoon helder water. 2 tsunamies wat na mekaar gekom het. kan iemand my se wat dit beteken asb? baie dankie

  • Mandy

    Goeie dag, Ek wil net graag weet wat dit beteken as my geliefde my verkul in my droom en elke keer is
    dit met sy eks vrou , ons het ook al algumente in die verlede gehad oor haar. Ek al 2 keer die droom
    gehad en dit spook by my . Wat kan die betekenis wees. Dan ook as droom van n slang wat jou byt , giftige een .
    Kan jul my dalk help met die betekenis asb ?

  • Luchelle Hermann

    My ooma is al 13 jaar dood en ek kry kort kort drome van hom. Dit pla my (ek) nogal baie ekt al voorheen n droom oor hom gehad waar hy aan my verskyn het en gese het ek moet boesmanland gaan luister (daar is) boodskap vir my. Ekt die liedjie geluister en het my neef op die dood bed sien le met die laken oor sy gesig. N maand later was hy in n ongeluk maar is net beseer en nou droom ek weer van my oom waar hy saam ons kuier en dat ek en hy praat en partykeer is ek saam met die familie maar niemand sien my raak nie. Hoekom bly ek van my oom droom wat soek hy van my. En my pa bly van hom praat ek dink hy mis hom te veel. Hoop julle kan my (asseblief) help. Dankie

  • Marelize Viviers

    Droon my kind verdink onrhou net dat hy onder op die boedem le ek hom uit duik en nog n kind van n ander ma ok gaan soek kan ni onthou of my kind dit gemaak het ni