Dit laat jou dink

Waar kan ek help?

Liza Esterhuyse van die Kula-stigting vertel “Kula staan vir Kids U Love Achieve. Ons is arbeidsterapeute wat in kinderhuise werk. Drie jaar gelede het ’n tweejarige seuntjie, wat met MIV, tering en wanvoeding gediagnoseer is, klein maar baie diep spore in my lewe getrap. Kula is toe ter herinnering aan hom ‘gebore’. Hy het my aangespoor om vir klein wonderwerkies soos hy ’n omgewing te probeer skep waar hulle, hoe kort ook al, in liefde en aanvaarding kan lewe. Mense kan ons help deur opvoedkundige speelgoed of klere te skenk of donasies te gee.”

liza esterhuyse, arbeidsterapeut

Kontak Lisa:

stuur ’n e-pos na kulafoundation@gmail.com
skakel 084 746 8795 of 082 396 7529.