"Wat ek by Madiba geleer het" - Zelda la Grange vertel

Deur Charis Labuschagne, SARIE - April 2010

Foto’s: Alet van Huyssteen Galery

Wat is die grootste les wat jy by Madiba geleer het?

"Dis nie soseer persoonlike lesse nie, maar eerder lesse wat ons almal by hom kan leer: Om respek vir almal te hê en om nooit iemand se integriteit ongegrond te bevraagteken nie, want dit mag 'n weerspieëling van jóú integriteit wees. Om nooit iemand, ongeag rykdom, armoede of sy status te klassifiseer nie. Om mense se tyd te respekteer. 'n Dokter se tyd is nie belangriker as 'n smous s'n nie. Ons almal het 'n sekere aantal jare op aarde gekry en elke mens se tyd is dus ewe kosbaar." - Zelda la Grange, Madiba se uitvoerende assistent

Verwante artikels

Galery

Kommentaar

Web Development by FormFunction