268_7713
Dit laat jou dink

Wat jy moet weet van Mej. Dowe SA, Vicki Fourie

Vicki is steeds verwonderd oor haar kroning as tweede prinses in Mej. Dowe Internasionaal. “Ek het dit glad nie verwag nie en het soos ’n ‘Cinderella’ gevoel in my sagte blou rok, wat die Bloemfonteinse ontwerper Schalk van Dyk vir my ontwerp het. Die hoogtepunt was om die dowe aktrise Marlee Matlin te ontmoet. Soos ek, het sy ook kleintyd haar gehoor verloor – in haar geval weens ’n geneties misvormde oorskulp. Sy het ’n Oscar gewen vir haar rol in Children of a Lesser God.

Sy is so ’n inspirasie. Klein maar met ’n groot persoonlikheid.”

Vicki se gehoorsenuwee is aangetas toe sy as baba koors gehad het. Op twee jaar kon sy nog nie praat nie, en ná ’n breinstam-toets is vasgestel sy het 97% gehoorverlies. Maar dit het haar nie afgeskrik nie.

Sy is voorskools na die Carel du Toit-gehoorsentrum in Bellville, naby Kaapstad, waar sy geleer het om normaal te praat en te liplees. Haar ouers, Gerhard en Bonita, albei pastore, het ook baie liefdevolle ure met haar deurgebring om haar daarmee te help.

Sy was in Lifestyle Christian Academy op Worcester en die laaste twee jaar van haar skoolloopbaan het sy tuis skoolgegaan nadat die gesin Bloemfontein toe getrek het.

Sy hou gereeld motiveringspraatjies, doen modelwerk en skryf graag – op die oomblik is sy besig met haar outobiografie.

Lees meer oor Vicki in die Januarie uitgawe van SARIE.

  • http://www.sarie.com Hello

    Hello !!!
    How are you doing i am Bright by name my mail ID is bright4u2010@hotmail.com ) please i will like you to get back to me there so that we will know each other very well and also for me to send my photo to you i will be very happy for your reply to me
    Thanks from Bright

  • liezie calitz

    hello

    ek is 16 en is al van die ouderdom van 6 af heeltemal doof in my linker oor. ek dra gehoorstukkies. ek het pampoentjies gekry was my kliere so erg laat opswel het dat dit my gehoorsenuwee doodgedruk het. Vicki is vir my n groot inspirasie. Sy het net nooit opgegee nie. sy het altyd vasgebyt en in God geglo, en volgens sy wil gelewe. Ek wil eendag iemand wees na wie mense kan opkyk en weet dat ek n kind van God is, en n sukses van my lewe gemaak het.

    Dankie Vicki, vir wie en wat jy is. Ek kyk op na jou.