image001
Dit laat jou dink

Wat sê Peter de Villiers oor John Smit?

Die Springbokafrigter Peter de Villiers glo dat die Springbokkaptein John Smit eienskappe het wat van onskatbare waarde vir sy span is.

“Hy het die vermoë om te inspireer. Hy’s waarlik professioneel en aanvaar niks as vanselfsprekend nie. Hy stel ‘n voorbeeld. Tydens elke oefening of wedstryd gee hy 100 persent. John is ‘n ware leier en ambassadeur vir sy land, ook ‘n gentleman en ‘n coachable speler.” – Peter de Villiers.