Dit laat jou dink

Watter klein kosmetiese prosedure sal jy aan jou gesig laat doen?

Ons het julle gevra en só het julle op ons meningspeiling gestem:

  • My mondhoeke botoks 11,7%
  • My dubbelken met liposuiging tem 28,2%
  • Die vet uit my ooglede laat haal 18,4%
  • My plooie met botoks laat uitstryk 41,7%

En dit het julle op Facebook gesê. (Klik by SARIE se Facebook-blad vir nog kommentaar)

“My snor laat lazer.” – Madeline Greef

“Sakke en kringe onder my oë laat regmaak… en dubbelken laat liposuig…” – Carlien Van Vuuren

“Nie botoks vir my nie maar sal chirugie laat doen vir plooie om my mond en ooglede.” – Annie Prinsloo

“Mens is gemaak om oud te word, dis die persoon wat jy binne is wat tel en wat mense moet voor lief wees. Elkeen is uniek soos die Here ons geskape het.” – Camla Nagel

“Glad nie, tevrede met hoe ek lyk … vriendin dit laat doen en was n flop… lyk terrible!!! Het n permanente smile op haar gesig al huil sy!! Moet myself maar aanvaar soos ek is.” – Joey Matthee

“My vreeslike frons heeltemal uitsny.” – Alet Storbeck




  • 4242oy eoedimkekgfh, [url=http://swnanuvowrdk.com/]swnanuvowrdk[/url], [link=http://totnafjmlnxs.com/]totnafjmlnxs[/link], http://rmhhfgcathvs.com/