Werkende ma's se raad
"Jou kinders is jou grootste kliënte. Maak tyd in jou dagboek vir hulle." - Liesl Laubscher, kommunikasiestrateeg, Kaapstad, en ma van Daniel (5) en Amy-Lee (1).
"Die beste en enigste wenk is hulp. 'n Mens kan nie alles alleen doen nie." - Kerry McGregor, model van Kaapstad, en ma van Luke (1).
"Buigbaarheid beteken nie jy werk minder ure nie, eerder ure wat jou leefwyse pas. Só woon ek my kinders se belangrike geleenthede by." - Jane Stevenson, ma van Ambra (20), Alec (17) en Ashley (8)
Raadop van 9 tot 5, en min tyd vir jou kinders?
Lees die September-uitgawe van SARIE vir nóg raad van werkende ma's
Verwante artikels
-
Colin Cowie: "Die beste werk op aarde"
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
Die meeste van ons is alte bly die werkjaar staan einde se kant toe. Maar vir ander is dit heeljaar vakansie op kantoor... Soos vir die internasionale partytjiebeplanner, Colin Cowley
-
Het jy selfoonmaniere?
SARIE - Mei 2010
-
Jou beste jare: 20's, 30's 40's, 50's
SARIE - April 2010
As jy net die regte werk kan kry, of die regte man - dán sal jy gelukkig wees. Maar nee, elke lewensfase het sy eie uitdagings. Dit gaan oor hoe jy dit hanteer.
-
Te oud vir jou werk? Hier's raad
SARIE Maart 2010
















Kommentaar
Hannah Wyk het gesê:
Ek is altyd lief vir my kinders, 4 en 2, maar party dae meer as ander dae!! Ek bly in Australie en het GEEN familie hier nie -dis ek en my man alleen..maar kinders het net een ma en soms wil mens net nie "mamma" wees nie, maar net "Hannah". Leer hulle om sekere dinge saam met jou te doen soos jy dinge saam met hulle doen, dit werk en leer hulle ook om ander se nood/nodighede te sien!
12de Aug. 2009, 07:10