Dit laat jou dink

Wie moet die nuwe James Bond wees? Julle sê

In ons opname op sarie.com gister, wou die meeste van julle hê dat Daniel Craig die Bond-man moet bly. Enkeles het gedink dis nou Clive Owen se beurt.

En op Facebook?

“Daniel Craig. Robert Pattinson lyk glad nie na ‘n aksie held nie. Wat van Brad Pitt? Of Matthew McGaugney.” – Heidi Wahl

“Daniel Craig bly maar die bo-baas Bond, en goed op die oog ook. Asseblief net nie Tom Cruis nie!!!!!” – Amanda Jacobs


“Ai, almal sulke bleeksiele! Wat van Antonio Banderas, Tom Cruise, Brad Pitt, Val Kilmer?” Hannelie Koen Rossouw
“O nee, wat van die mooi manne van Grey’s Anatomy. Patrick Dempsey of Eric Dane of selfs Kevin McKidd vir meer britse look.” –Madre Engelbrecht Theron
“Persoonlik dink ek Damian Lewis is die beste keuse – hoog tyd dat daar ‘n rooikop Bond is… ‘ my name is Bond , Ginger Bond….” Michelle Owens

  • DClfc1 lcymbelaxboo, [url=http://vmjwffzynoba.com/]vmjwffzynoba[/url], [link=http://ywncwdipcugi.com/]ywncwdipcugi[/link], http://bjhxauxztswe.com/