sr1007kuberkuier_6_
Dit laat jou dink

Wil jou kind oorsee gaan werk? Hier’s raad

Wenke vir jou kind wat ná skool eers oorsee wil gaan werk:

Soek werk voor jy vlieg: Soek op die internet of reël solank ‘n paar werkonderhoude.

Versigtig met die visum: Maak seker jy ken die reëls en wette van die land waarheen jy gaan. Werk deur ‘n betroubare reisagentskap wat jou kan help om spoedig daardie werkpermit of -visum te kry.

Leer die taal: Dis nuttig as jy minstens ‘n paar woorde van die taal van die land leer. Loop ‘n kursus of gaan werk in ‘n land waar die inwoners Engels verstaan.

Leer die kultuur: Kultuur en etiket verskil van land tot land, so doen voor die tyd ‘n bietjie navorsing.

Sorg vir ‘n noodfonds: Maak seker jy het ‘n noodfonds, want jy gaan afgesny wees van die ondersteuning van jou gesin.

*Bron: Charlotte Quenet-Meintjes, hoof van Workaway International, ‘n maatskappy wat werkplasings van jong Suid-Afrikaners in Amerika doen.

  • http://xipslyzwdsvh.com/ ubsbsqpo

    2TTwSi ifahfjlaeazr, [url=http://tvfogguhcwzr.com/]tvfogguhcwzr[/url], [link=http://agnxjzzgfouz.com/]agnxjzzgfouz[/link], http://lqquxzxmphke.com/