FOTO: Facebook / Fanie Nel

FOTO: Facebook / Fanie Nel

Het jy gehoor?

Corine du Toit se nuwe haarstyl

 

Net ’n bietjie langer as ’n week nadat aktrise Corine du Toit vir haar aanhangers gevra het of sy haar hare moet kort sny, het sy dit gedoen – en hier is die foto’s.

Corine het verlede Maandag, 13 Januarie, vir haar aanhangers gevra of sy haar hare weer kort moet sny soos wat sy dit in die verlede gedra het (foto links). Haar aanhangers het haar aangemoedig om dit wel te doen.

Dink jy Corine moet haar hare weer só sny? FOTO: Facebook

Corine met haar kort kapsel ‘n paar jaar gelede FOTO: Facebook

Maar toe sy gister haarkapper toe gaan, het sy dit nóg korter laat sny.

20140123-190731.jpg

Haar haarkapper, Desmond Roux van Always Ahead het vir haar ’n pixie-haarstyl gegee waarmee sy kan spog. Sy het op Facebook gesê sy is mal oor haar nuwe styl.

Kyk HIER watter ander bekendes dra ook kort hare

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

WAT DINK JY? HOE LYK CORINE SE NUWE HAARSTYL? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.

Buiten vir haar nuwe haarstyl, sien Corine ook uit om haar nuwe baba te ontmoet. Sy is 36 weke swanger en het gesê die bulletjie weeg reeds 3 kg. Sy het gister die nuutste sonogram op haar Facebook-profiel gedeel.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

 

Corine du Toit en haar man, Raz Jensen

Corine du Toit en haar man, Raz Jensen, by die première van As jy sing in November 2013