FOTO:  Andrea Jacobson

FOTO: Andrea Jacobson

Het jy gehoor?

Nie eers kanker kon haar groot dag bederf nie

Shannon O’Hara (28) van Connecticut in Amerika wou nog altyd haar ma se sluier op haar troudag dra, maar toe sy al haar hare weens chemoterapie verloor het, het dié droom aan skerwe gelê, berig Huffington Post.

Shannon is 4 maande voor haar troue met limfklierkanker gediagnoseer, maar sy en haar verloofde, Jeff, het besluit dat hulle steeds wil voortgaan met hul troudag. Maar een ding het in die pad gestaan van haar droomdag: die sluier.

Shannon se hare het nie betyds teruggegroei sodat sy die sluier wat haar ma op haar troudag gedra het, ook kon dra nie. Maar vinnig het sy ’n plan gemaak. Sy het ’n kappie laat maak waaraan die sluier vasgemaak is. Sy het egter halfpad deur die onthaal besluit om dít af te haal en net haarself te wees – hare of nie – en haar troudag ten volle te geniet.

FOTO: Andrea Jacobson

FOTO: Andrea Jacobson

FOTO: Andrea Jacobson

FOTO: Andrea Jacobson

KLIK HIER om nóg foto’s van Shannon se groot dag op Huffington Post te sien

Bronne: Huffington PostThe Mighty

Nóg inspirasie