FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Die koninklike baba is gebore!

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, en prins William se tweede Charlotte Elizabeth Diana, is 2 Mei 2015 om 9:34 (Suid-Afrikaanse tyd) in die St. Mary’s-hospitaal in Londen gebore. Dit is ’n dogtertjie!

Kensington-paleis het op Twitter aangekondig dat die nuweling by geboorte 3,7 kg geweeg het en dat Kate en die baba gesond is. William was aan Kate se sy tydens die bevalling, net soos met die geboorte van prins George in 2013.

David Cameron, Britse premier, het ook sy gelukwensing aan die koninklikes via Twitter oorgedra. “Baie geluk aan die hertog en hertogin van Cambridge met die geboorte van hul dogter, ek is saam met hulle verheug,” het hy getwiet.

Charlotte is vierde in die ry van aanspraakmakers op die Britse troon.

Duisende aanhangers en entoesiaste het buite die hospitaal en Buckingham-paleis gestaan om hul ondersteuning aan die koninklikes te wys.

Prins William het ’n paar uur ná die bevalling die hospitaal verlaat om vir George te gaan haal. Kyk net hoe oulik het die kleinding vir die skare buite die hospitaal gewaai!

The Duke of Cambridge leaving the hospital to see Prince George

A video posted by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

   

Kate het absoluut pragtig gelyk toe sy uiteindelik met die prinses buite die hospitaal verskyn!

Die babatjie is die dag ná haar geboorte deur prins Charles, sy vrou Camilla, die Middletons en hul dogter Pippa besoek. Prins Harry het gesê hy kan nie wag om haar te ontmoet nie, berig Kensington-paleis op Twitter.