Corine du Toit

Corine du Toit

Het jy gehoor?

FOTO’S: Corine du Toit en haar Baba Kiean

Aktrise Corine du Toit, bekend vir haar rol as Jane in Egoli, se babaseun, Kiean, is al byna twee maande oud. Kyk net dié mooi foto’s van Corine en Kiean.

Corine se goeie vriend, Fanie Nel, het dié spesiale foto’s van Kiean geneem. Dié kleinding is Corine en haar man, Raz Jensen, se eersteling.

FOTO’s: Sterre wys hul babas

Kyk net hoe baie lyk Kiean na sy mamma-Corine FOTO: Facbook (Fanie Nel)

Kyk net hoe baie lyk Kiean na ma Corine
FOTO: Facebook (Fanie Nel)

En dit lyk of Corine haar nuwe rol as ma baie geniet. Sy het onlangs op Facebook vertel dat Kiean, wat op 22 Februarie gebore is, sy eie rekord verbeter het toe hy vir ses ure aaneen geslaap het. Die vorige dag het sy vertel dat hulle Kiean maar in die vroeë oggendure (om 02:30) moes bad, omdat hy gesukkel het om te slaap.

Wat dink jy van Corine se nuwe haarstyl?

Kyk net hoe pragtig is klein Kiean FOTO: Facbook (Fanie Nel)

Kyk net hoe pragtig is klein Kiean
FOTO: Facbook (Fanie Nel)

HET JY ENIGE BABA-RAAD VIR CORINE? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.