SKERMGREEP: YouTube / HBO

SKERMGREEP: YouTube / HBO

Het jy gehoor?

Jy móét hierdie video’s kyk – duisende het al

Ons lewe in ’n tyd waar video’s oral is; van babas wat afgeneem word tot bekendes tot wenke oor hoe jou huis moet lyk. 

Hier is vyf video’s wat die hele wêreld én SA nou aan die kyk is:

Die lokprent van Southside With You

Dit is ’n somerdag in 1989 en Barack Obama laai Michelle Robinson op vir hul eerste afspraak. Southside With You gaan net oor die eerste afspraak wat gelei het tot hul huwelik en uiteindelik die Wit Huis. Vanity Fair noem dit “the beste first date ever“.

Knorr se #LoveAtFirstTaste

Knorr het ’n interessante studie gedoen om te sien hoe belangrik geure vir mense is, en veral hoe belangrik dit in verhoudings is.

78% van Suid-Afrikaanse respondente sê hulle sal eerder sosiale media opgee voordat hulle hul gunsteling-smaak opgee. Die resultate van die studie is getoets in hierdie video waar vreemdelinge mekaar ontmoet terwyl hulle hul gunsteling-geregte eet.

Lokprent van Game of Thrones se episode 3

Marvel se nuutste lokprent vir die fliek Doctor Strange

Refentse Morake se weergawe van Karen Zoid en Francois Van Coke se Toe vind ek jou.

Onthou dié naam. Refentse Morake het pas sy debuutalbum, My hart bly in ’n taal, bekend gestel. Jy kan die CD op iTunes koop.

Besoek afrikaans.com, wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan tot R10 000 wen!

Doily 1667 × 833

Lees ook