FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Agter die skerms by die nuwe Afrikaanse film Mooirivier

Mooirivier is deesdae op almal se lippe – nie die rivier nie, maar wel die splinternuwe fliek met van ons land se bekendste akteurs…

Tim Theron en Cobus van den Bergh – die skeppers van die romantiese komedie Klein Karoo – is ook die vervaardigers van dié fliek, wat tans in Potchefstroom geskiet word.

Só het SARIE vroeër vanjaar oor die nuwe fliek berig

Mooirivier gaan ’n eerste in die wêreld van Afrikaanse rolprente wees, want dié fliek is glo die eerste ensemble-rolprent in Suid-Afrika. Dit beteken dat die fliek veelvuldige storielyne met baie karakters gaan vertel, soos Love Actually.

Hykie Berg en Gys de Villiers op die stel vanMooirivier FOTO: Twitter

Hykie Berg en Gys de Villiers op die stel van Mooirivier
FOTO: Twitter

Anel Alexander by filmkursus in Duitsland

Gys de Villiers, Diaan Lawrenson, Zetske van Pletzen, Heinz Winckler, Anel Alexander, Tim Theron, Nadia Beukes, Leandie du Randt, Bouwer Bosch, Hykie Berg, Suzzi Swanepoel… Dis maar net van die sterre wat in dié fliek speel.

Nadia Beukes praat oor operasie

“Ons hoop om weg te kom van die romantiese komedie,” het Tim vroeër vanjaar aan SARIE.com gesê.

Met die frase “liefde wen altyd” wat saam met die rolprent se titel loop, hoop Tim en Cobus om ’n realistiese uitbeelding van regte verhoudings te maak – romantiese verhoudings, vriendskappe, huwelikke en selfs familie gaan belangrike temas in die fliek wees.

Heinz Winckler en Suzzi Swanepoel, wat ook in Sterlopers te sien is FOTO: Twitter

Heinz Winckler en Suzzi Swanepoell van Sterlopers
FOTO: Twitter

Hiermee kondig SARIE.com met trots aan dat SARIE een van die amptelike media-vennote van dié opwindende rolprent gaan wees.

Kyk solank na dié video wat agter die skerms van Mooirivier gemaak is