img_7994
Het jy gehoor?

Mathys gedenk 3 jaar in ‘n rolstoel met musiekvideo

Die liedjie In my lewe is op Mathys se nuutste CD “Rembrandt se meisie in die maan”. Mathys het een aand ‘n vertoning gaan kyk, en die einste liedjie deur Nardus du Plooy is daar gesing.

“Hy het dadelik gevoel dit is van toepassing op hom, en hy’t die liedjie gevat en dit sy eie gemaak,” sê Jané, Mathys se meisie.

“Deur die video het hy probeer wys dat die lewe aangaan. ‘n Mens moet jou geleenthede gebruik en voluit leef. As daar ‘n nuwe uitdaging oor die jou pad kom, vat hom en leef dan die lewe. Die lewe gaan aan, dit staan nie stil en wag vir jou nie. So, al wat jy moet doen is om die geleentheid aan te gryp en voluit te leef,” sê sy.

In my lewe is ‘n viering van die lewe. Kyk na die video hieronder

  • Elvina

    Mathys, jy bly my held. Stunning Video!!

  • Lorraine

    Mathys, jy is ‘n inspirasie vir baie!!!

  • Santa Groenewald

    Stunning video. Jy is ‘n voorbeeld en inspirasie. Gods rykste seën Mathys.

  • Brenda Taljaard

    Mathys, sjoe, jy is ongelooflik!!! Voorwaar ‘n inspirasie!!! Gods rykste seën word jou toe gebid

  • Marie Hill

    Hierdie is hoendervleis-, huil-, en diepdink-mooi. Dankie Mathys !

  • Jackie

    Dit is een van die mooiste liedjies ooit. Ek gaan definitef hierdie CD aanskaf. Jy’s my inspirasie om aantegaan. Jy kan God se hand in hierdie video voel.

  • ERNA CONRADIE

    FANTASTIES HOU SO AAN.

  • Carine

    ‘n Voorbeeld vir elkeen van ons, en soveel om voor dankie te sê!!! Matthys, ons kyk verby die rolstoel, dis JY wat wys, die lewe is wat jy daarvan maak!! Ek pik ‘n traan, sommer om dankie te sê en te besef hoe klein ons regtig is!! Matthys jy bly my hero, was nog altyd!!

  • Cecilia

    Hoendervleis mooi video en liedjie!

  • Lizelle Nel

    Dit is sielekos en STUNNING verby!!! Jy is n GROOT inspirasie vir my en baie ander mense!! Dankie dat jy iets so kosbaar met ons deel!

  • isabel

    Mathys, NIEMAND kan "Droomvrou" soos jy sing nie. Nie eens amper nie.

  • Charlotte

    Die Here verduidelik nie waarom dinge met ons gebeur nie, maar Hy is daar om die pad saam met ons te loop en ons op te lig tot groot hoogtes…. Dit is wonderlik dat Mathys nie gaan le het nie maar dat hy bo sy omstandighede uitgestyg het…. Dit is ‘n pragtige voorbeeld en bewonderingswaardig… en om te sing… ten spyte van seerkry….. laat my dink aan hoe mooi ‘n voeltjie kan sing, al is hy in ‘n koutjie…. Mathys… jou musiek is pragtig en kom uit die hart…. jy is voorwaar ‘n inspirasie!!! wanneer dit met my sleg gaan, is dit wonderlik om na ander om my te kyk en die swaarkry van ander raak te sien en vir die Here te loof en te prys omdat Hy goed is, en om te sien hoe ander ten spyte van hul kruise die lewe leef…. dit is genade…

  • Alwyn van der Watt

    Mathys, uitstekend. Jy is en was nog altyd inspirerend.

  • Hester

    Dit maak my skaam om hierna te kyk, ons kan tog so onnodig kla oor ons tekortkominge!

  • Adele

    Amazing song!

  • Susan

    Mathys jy is ‘n groot inspirasie,jy wys net weereens
    dit maak jou nie ‘n niks as jy gestrem is nie,;n mens kan
    as jy wil.
    dankie vir jou video

  • Rachel

    Mooi so!!!! Dankie dat jy so pragtige voorbeeld is en SY genade op so mooi manier uitbeeld om tot inspirasie te wees vir almal. Dit is voorwaar INSPIREREND!!!
    Wil dit met almal deel, jy het my weer laat dink aan alles wat ons het uit Genade