Het jy gehoor?

Michael Mol se spesiale boodskap vir SARIE-lesers

Ons bekommer ons oor MIV/vigs en kanker in Suid-Afrika, en hierdie siektes is duidelik sigbaar op die gesondheidsradar. Maar baie min van ons skenk werklik aandag aan die siektes waaraan die meeste mense wêreldwyd sterf: hartverwante siektes. Stereotipes rondom hartsiektes, soos dat dit slegs by ouer of oorgewig mense voorkom, word juis aangespreek.

“Think red, save your heart”

Daarom het die Hart-en-beroerte-stigting van SA en Unilever kragte saamgespan met Think Red, ‘n veldtog wat met die hulp van 7 bekendes klem lê op die belangrikheid van hartgesondheid.

Mark Pilgrim, Robert Marawa, Gerry Rantseli-Elsdon, Michael Mol, Uyanda Mbuli, Kerishnie Naiker en Liezel van der Westhuizen is van die bekendes wat hul lewenstories met hartsiektes deel.

[box:full:red:both]

Wat kan jy doen?

Laat toets jou cholesterol en laat meet jou bloeddruk gereeld. Cholesterol is die hoofoorsaak (sowat 52%) van hartsiektes.

Ongesonde leefstylkeuses soos om te rook, slegte eetgewoontes en geen oefening nie kan jou kans op hartsiektes verhoog.

Sluit aan by SARIE se Beweeg SA-veldtog en kry gratis oefen– en dieetplanne.

[/box]

[box:full:red:both]

Die feite

Meer as 17,5 miljoen sterftes kom jaarliks wêreldwyd voor as gevolg van hartverwante siektes. Dit is 120 jumbo-vliegtuige vol mense per dag.

Byna 15 miljoen mense kry jaarliks beroerte. Van hulle sterf sowat 5 miljoen en nóg 5 miljoen verloor brein- en liggaamsfunksies.

1 uit 4 vroue sterf aan hartverwante siektes elke dag.

82% van Suid-Afrikaners oefen nie genoeg nie, en 83% eet nie meer as 5 vrugte of groente per dag nie.

21% van Suid-Afrikaanse kinders rook. Dit is die hoogste persentasie in Afrika.

[/box]