Het jy gehoor?

Miley Cyrus verloof aan Hemsworth

Hemsworth, ‘n ster in Hunger Games, het vir Cyrs Miley Cyrus ontmoet toe hulle in 2009 saam aan The Last Song gewerk het. Hy het op 31 Mei 2012, met ‘n 3.5 karaat-diamantring van juwelier Neil Lane, haar gevra om te trou.

“Ek is so gelukkig om aan Liam verloof te wees, en sien uit na ‘n gelukkige lewe saam,” het Cyrus gesê.

Wat lê vir die paartjie voor?
Miley is in die ateljee vir haar nuwe album en Hemsworth is besig met die verfilming na Empire State in New Orleans. Hy gaan ook later aan Paranoia saam met Harrison Ford en Gary Oldman werk voor die tweede Hunger Games-reeks