Katie Holmes
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Katie Holmes FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nóg ‘n ster sny haar hare

Bekendes dra deesdae graag hul hare in die elfie-styl of bobs, maar dit lyk of nog ’n nuwe neiging kop uitsteek: skouerlengte hare met hope tekstuur.

Eerste het ons vir Kim Kardashian met dié haarstyl gesien. Aktrise Katie Holmes, wat deesdae grimering saam met Bobbi Brown ontwerp, het egter ook onlangs haar hare in ’n skouerlengte styl met heelwat tekstuur gesny.

Katie is met haar korter hare en ’n reguit kuif gesien toe sy dié week ‘n geleentheid by Walt Disney World in Florida, Amerika, bygewoon het, skryf E! Online.

Nóg bekendes wat onlangs hul hare gesny het

Die Dawson’s Creek-ster se nuwe haarstyl was effens wild gestileer, om die interessante tekstuur van die styl te beklemtoon. Sy het die voorkoms met ’n oulike hoed en bloedrooi lipstiffie afgerond.

WAT DINK JY? SAL JY OOK HIERDIE HAARLENGTE WIL UITTOETS? Los kommentaar onder dié artikel of op ons Facebook- of Twitter-blad.