Het jy gehoor?

Pretoria kook met Elzabé Zietsman

Pretoria Kook is ’n blinknuwe kosmaak-demonstrasie, asook ‘n vertoning, met SARIE KOS aan boord as mediaborg.

Die eerste demonstrasie in dié reeks word op Woensdag 29 Junie deur Elzabé Zietsman gedoen, bekende kunstenaar en ook sjef in haar restaurant Zietsies in Pretoria.

Ander celeb-sjefs wat jy in die reeks kan verwag, is Nataniël, die sanger Kevin Leo en SARIE se kosredakteurs, Herman Lensing en Barbara Joubert.

Pretoria Kook vind vanaf Junie tot November 2011 elke laaste Woensdagoggend van die maand plaas. Bederf jouself gerus met ’n oggend met ‘n kos-demonstrasie, verversings en ’n geskenkpakkie. Maak dan sommer ‘n draai by Rhapsody’s in die Lynnwood Bridge-sentrum vir ’n dekadente glas sjampanje en truffels.

Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by Computicket.

*Prenox verskaf alle kombuis-toerusting vir Pretoria Kook.

  • Pinkalicious

    Wat n wonderlike idee!!!
    Jammer ek bly in Saldanha!!!