Genevieve Morton gesig van Maserati
Het jy gehoor?

Suid-Afrikaanse model nuwe gesig van Maserati

Die nuwe gesig van Maserati is Genevieve Morton (28), ’n Suid-Afrikaanse model van Benoni wat op Scottburgh, KwaZulu-Natal, grootgeword het. Sy is veral bekend as die eerste SA vrou wat in die Amerikaanse Sports Illustrated verskyn het.

Genevieve Morton /Instagram

Genevieve Morton op instagram

Genevieve was deel van ’n massiewe fotosessie vir die nuwe Ghibli Sports Sedan-reeks wat oor ’n paar maande plaaslik beskikbaar sal wees. Die fotosessie het klem gelê op die verskeie aspekte wat Maserati uniek maak.

Die volgende Maserati-modelle is gebruik vir die fotosessie saam Genevieve: Quattroporte, Grancabrio en GranTurismo.

 

Genevieve het byna 2 miljoen aanhangers op Facebook, en op hulle beurt het Maserati 4 miljoen. Albei partye sal baie goeie blootstelling kry met dié advertensie-veldtog!

Hier is ’n kykie agter die skerms by die fotosessie: